In lyn met die stimuluspakket van die Namibiese regering en aangepaste maatreëls vir kommersiële banke ingevolge die korona-pandemie, het Agribank ook verskeie pakkette daargestel vir boere wat ondersteuning nodig het gedurende die moeilike tyd, veral na die droogte. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua het die jongste in verband met aansoeke en die algehele stand van boere in die land.