Daar word beroepe op die Namibiese regering gedoen om die onnodige groot heffings wat aan die Akkerbouraad op basiese voedsel grondstowwe betaalbaar is en deur die verbruikers betaal moet word te beëindig. Kenners meen hierdie verminderde heffings sal onmiddellik in die vorm van verlaagde voedselpryse by die verbruikers uitkom. Kosmos 94.1 Landbounuus het by die plaaslike Landbou Navorser Wallie Roux aangeklop om meer hieroor uit te vind...