Geraldine Engelman is een van die stigterslede van Coloured Girls Bursary Foundation. Dié nie-winsgewende organisasie streef daarna om die lewe van bruin meisies dwarsoor Suid-Afrika te verbeter, en om hulle te bemagtig, befonds, op te voed, te leer om hulleself te versterk, hulle stem te gebruik, en om op te bou en nie af te breek nie.