Dit is altyd ‘n goeie idee om ‘n begrafnispolis te hê wat voorsiening maak vir wanneer jy te sterwe kom, sodat jou familie nie nog daaroor moet bekommer terwyl hulle rou nie. Mense wat rou, vertel dikwels dat hulle nie reguit kan dink nie, en mens wil nie nog van hulle verwag om allerhande besluite te neem nie. Daarom is dit belangrik om te sorg dat jou begrafnispolis alles dek wat jy verwag. Verbruikersjoernalis Ina Opperman gee raad.