Prof. Francois Durand van die Universiteit van Johannesburg praat oor hoe skadelik die mens eintlik vir die natuur is, en hoe die natuur sal hestel as die mens verdwyn.
Stef du Plessis het 'n meestersgraad in leierskap, en help bestuurders en maatskappye om aan te pas by verandering. Amore Bekker praat met hom oor hoe ons kan aanpas by die nuwe normaal wat deur Covid-19 te weeg gebring is.