Die situasie in Gaza is soos uit die hel en hulp wat uit vliegtuie afgegooi word is glad nie effektief nie, sê 'n woordvoerder van Brittanje se Oxfam. Kommunikasie-beampte Ghada Haddad het met SkyNews gepraat uit Dier al Balah in sentraal-Gaza, en sê meeste mense daar woon in tente en water is ook skaars.