Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel
    Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye volgens hul aandeel van die stemme setels in die parlement kry, beteken egter dat die uitslag en daaropvolgende koalisievorming onseker bly.
    1 min
  • Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad
    Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
    1 min
  • Meer mense moet in pensioenfondse belê: verslag
    Namibië het die hoogste telling van vier Afrika-lande in die jongste Mercer CFA Institute se Globale Pensioenindeks behaal, met 57,5 punte en ’n C-gradering. Die land is voor Botswana, Suid-Afrika en Kenia. Zandria Venter, hoof van groei by Alexforbes, sê hoewel Namibië ’n stewige grondslag het, beklemtoon die verslag die behoefte om deelname aan pensioenfondse uit te brei sodat meer Namibiërs langtermyn-aftreesekerheid kan geniet. Sy vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • PDM-LP het vrae oor beleid-implementering
    Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende gaping tussen regeringsbeloftes en die werklike implementering daarvan.
    1 min
  • Eie raffinadery kan brandstof verseker, maar dis duur
    Angola se uitnodiging aan Namibië om aandeelhouding in die beplande 6,6 miljard Amerikaanse dollar Lobito-olieraffinadery te verkry, lok debat uit oor Namibië se langtermynstrategie vir brandstofsekuriteit. Daar is vrae oor of die land voorkeur moet gee aan die bou van sy eie raffinadery, of eerder in ’n raffinadery in die buiteland moet belê. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels, wat sê die koste en langtermynvolhoubaarheid van ’n plaaslike raffinadery moet deeglik oorweeg word.
    1 min
  • Trump se ongewildheid 'bevoordeel Demokrate in verkiesing'
    Die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings vind volgende week plaas en daar word wyd gespekuleer oor die uitslag daarvan. Die voormalige Amerikaanse diplomaat en politieke ontleder Brooks Spector sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Demokrate het 'n voordeel omdat president Donald Trump se gewildheid baie laag is.
    1 min
  • Vroue moet self lei, besluite neem: Venaani
    Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, doen ’n beroep dat vroue selfstandig moet lei en werklike besluitnemingsmag moet hê, sonder dat mans namens hulle praat of besluite neem. Hy het dit onlangs gesê tydens die opening van die driedaagse Vrouekonferensie van die Demokratiese Unie van Afrika, wat deur die PDM aangebied is.
    1 min
  • Israelse geweld in Wesoewer dalk etniese suiwering: VN-hoof
    Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, is bekommerd oor Israelse setlaargeweld en -uitbreiding aan die Wesoewer. Dit volg nadat Israel die gebied afgesper het ná ʼn dodelike aanval op sy soldate in Hebron. Die Israelse inval het die sloping van huise en handels-eiendomme ingesluit, asook beperkings op beweging, wat baie Palestyne tot hul huise of onmiddellike woonbuurte beperk. Guterres sê hierdie maatreëls kan neerkom op etniese suiwering:
    1 min
  • SA regering tree op teen kontrakteurs wat lood swaai
    Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die regering verskerp toesig oor die boubedryf om kontrakteurs wat nie presteer nie, aanspreeklik te hou. Hy het in Pretoria gesê 60 kontrakteurs is sedert verlede maand geskrap van die Nasionale Register van Kontrakteurs teen slegs een tussen 2002 en 2024. Macpherson sê nog 15 kontrakteurs sal hierdie maand verwyder word ná bevindings van wanvoorstelling. Hy sê die maatreëls het ten doel om aanspreeklikheid in die bedryf te versterk:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.