Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • FNB en DHL help Namibiese SME’s om internasionaal uit te brei
    FNB Namibië en DHL Namibië het ’n vennootskap aangegaan om klein en medium ondernemings te help om hul produkte oorsee te bemark en toegang tot internasionale markte te kry. Deur DHL se GoTrade-program sal ondernemings uitvoeropleiding, mentorskap en logistieke ondersteuning ontvang, terwyl FNB finansiering, finansiële opleiding en sakeadvies sal bied om hulle te help om bestellings te finansier en hul ondernemings uit te brei. Nesdha De Jongh, hoof van FNB Namibië se SME-afdeling, vertel meer oor hoe die vennootskap plaaslike ondernemings kan help om internasionaal mee te ding.
    1 min
  • Steenkamp dring aan op relevante kwalifikasies vir arbeidsmark
    Onderwysminister Sanet Steenkamp sê die nuwe raad van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid moet dringend verseker dat plaaslike kwalifikasies tred hou met ’n veranderende ekonomie en arbeidsmark. Sy beklemtoon dat studente moet kan vertrou dat hul kwalifikasies gehalte en relevante vaardighede weerspieël, en dat werkgewers en opleidingsinstellings dit erken. Die uitdaging is om seker te maak dat Namibiërs se kwalifikasies nie net op papier waarde het nie, maar ook deure na verdere studie en werksgeleenthede open.
    1 min
  • El Niño versterk en wek kommer oor Namibië se reënseisoen
    Weerkenners waarsku dat die huidige El Niño vinnig versterk en Namibië se komende reënseisoen aansienlik kan beïnvloed. Professor Willem Landman, hoogleraar in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, sê die verskynsel is reeds aan die ontwikkel en kan sterker word as die El Niño van 2015/2016, wat met ernstige droogtetoestande in Suider-Afrika gepaardgegaan het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste waarnemings en wat dit vir Namibië se weerstoestande kan beteken:
    1 min
  • BKS-uitbreking stel Namibiese boere en uitvoermarkte op die proef
    Die bek-en-klouseer-uitbreking is nie net ’n krisis vir boere nie, maar ook ’n regs- en handelsuitdaging wat Namibië se uitvoermarkte en die lewensbestaan van produsente bedreig. Met uitvoere na belangrike markte soos Suid-Afrika, die Europese Unie, China en die VSA wat ontwrig word, waarsku Patrick Kauta van Cliffe Dekker Hofmeyr Namibië dat boere streng wetlike verpligtinge moet nakom. Hy wys ook op lesse uit Botswana se hantering van die siekte en die dringende behoefte aan ondersteuning om die veebedryf te beskerm en marktoegang te herstel.
    1 min
  • NLU versigtig optimisties oor pad vorentoe met BKS
    Die landboubedryf toon versigtige optimisme oor bek-en-klouseer nadat geen nuwe besmette plase sedert 14 Oktober aangemeld is nie. Thinus Pretorius, president van die Namibiese Landbou-unie sê die Direktoraat Veterinêre Dienste het ook die inenting van diere in die besmette gebied en omliggende gebiede voltooi. Die fokus verskuif nou na streng beheermaatreëls om die siekte binne die besmette gebied te hou en handelsvennote te verseker dat die uitbreking onder beheer is. Pretorius sê die bedryf werk saam met veeartsenykundige owerhede om die nodige maatreëls in plek te stel.
    1 min
  • De Kock beskuldig Ackermann van misleiding
    In Suid-Afrika beskuldig die oud-apartheids-polisie-offisier Eugene de Kock advokaat Anton Ackermann daarvan dat hy hom mislei het oor die gebruik van sy getuienis om senior apartheidsamptenare te vervolg. De Kock het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig Ackermann het hom ná sy vonnisoplegging in 1996 beloof daar sal opgetree word. Hy beweer die Nasionale Vervolgingsgesag het hom nooit ondervra oor generaals en politici wat na bewering verantwoordelik was vir operasies teen anti-apartheidsaktiviste nie:
    1 min
  • Nekundi beklemtoon padveiligheid en professionele bestuur
    Vervoerminister Veikko Nekundi doen ’n beroep op busoperateurs en ander padgebruikers om padveiligheid ernstig op te neem te midde van voortgesette pogings om padongelukke te verminder. Tydens ’n inligtingsessie met busoperateurs in Helao Nafidi het hy die belangrikheid van professionaliteit en die handhawing van professionele standaarde in die openbare vervoersektor beklemtoon. Nekundi het ook verwys na drie voorgestelde wetsontwerpe wat daarop gemik is om padveiligheid te verbeter. Hy het verder die behoefte aan verpligte defensiewe bestuursopleiding vir bestuurders in die kommersiële vervoersektor onderstreep.
    1 min
  • SA regering sluit steeds bruin gemeenskappe uit: NCC
    Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, sê bruin gemeenskappe word steeds benadeel en ekonomies uitgesluit. Hy het die ANC en die DA in die Wes-Kaap gekritiseer tydens 'n onderhoud met die SABC voor volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Adams sê indiensnemingsbeleide beperk geleenthede vir bruin jeugdiges en gemeenskappe worstel teen bendegeweld, behuisingstekorte en gebrekkige dienslewering. Hy sê die party plaas die klem op infrastruktuur-ontwikkeling, dwelmrehabilitasie en gelykheid in die werkplek:
    1 min
  • Ja, vleis van Meatco-verslagtings word plaaslik verkoop
    Meatco het bevestig dat die maatskappy môre en Woensdag meer as 400 beeste sal slag. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira gesê slegs beeste wat reeds aan Meatco behoort en in sy eie voerkrale gehou word, sal verwerk word. Sy het ook bevestig dat al die beesvleis wat tydens hierdie bedrywighede geproduseer word, uitsluitlik plaaslik verkoop sal word.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.