Die DA sal vandag sy Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in die Parlement voorlê. Die party se beleidshoof, Mat Cuthbert, sê Swart Ekonomiese Bemagtiging het na 30 jaar misluk om breë insluiting te lewer, en bevoordeel 'n klein elite terwyl miljoene steeds uitgesluit is. Hy sê die Wetsontwerp vervang rasgebaseerde reëls met 'n uitkomsgedrewe stelsel wat fokus op werksgeleenthede, belegging, vaardighede en kleinsakegroei, en versterk aanspreeklikheid: