Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • N$200-miljoen se kokaïen by OR Tambo Lughawe onderskep
    ʼn Multidissiplinêre span wetstoepassers het by die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op 250 kilogram kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van meer as 200-miljoen Namibiese dollar. Die dwelms het op ʼn vlug van Sao Paolo, Brasilië, in die land aangekom, met die 216 blokke in vyf tasse verpak. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die jongste beslaglegging kom te midde van volgehoue pogings om dwelmhandel deur die lughawe te bekamp:
    1 min
  • Verbod op lugvrag vanaf Windhoek knou Namibië se uitvoere na Europa
    Namibië se vraguitvoere na Europa word steeds geraak deur SWISS WorldCargo se algehele verbod op uitvoervrag vanaf Windhoek. Bederfbare goedere, insluitend seekos en landbouprodukte, kan tans nie via hierdie diens na Europa vervoer word nie, en daar word verwag dat die beperkings tot volgende jaar van krag sal bly. Fritz Kaufmann, bestuurder vir besigheidsontwikkeling by Transworld Cargo, sê dat die onmiddellike impak versag het danksy Edelweiss Air se dienste, maar dat dit nou opgehou het.
    1 min
  • High Octane Festival en Drifting Mania lok motorsportliefhebbers na Tony Rust
    13:30 – Sport
    Vrydag en Saterdag was dit weer tyd vir die jaarlikse Monster Energy High Octane Festival en Drifting Mania by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek. Hoewel daar dalk minder toeskouers en deelnemers as in 2025 was, het almal wat deur die hekke gekom het, dit geniet. Weens die hoë dagtemperature het die sleep-resies of drifting eers later begin. Toeskouers het egter geduldig onder gazebo’s en in elke beskikbare skaduplekkie gewag om die aksie te geniet.
    2 min
  • OM Namibië beklemtoon verantwoordelike gebruik van persoonlike lenings
    Old Mutual Namibië moedig burgers aan om persoonlike lenings verantwoordelik en doelgerig te gebruik om hul sake- en persoonlike doelwitte te verwesenlik. Die verkope- en verspreidingsbestuurder, Ingrith Tjivela, sê verantwoordelike lenings, wanneer dit aan duidelike doelwitte soos inkomste-generering en finansiële stabiliteit gekoppel word, kan help om die gaping tussen ambisie en uitvoering te oorbrug.
    1 min
  • Ramaphosa wens Lula geluk met verkiesingsoorwinning
    Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Brasiliaanse president, Luiz Inácio Lula da Silva, gelukgewens met sy herverkiesing vir 'n historiese vierde termyn. Ramaphosa sê die herverkiesing vind plaas terwyl Suid-Afrika en Brasilië voortgaan om hul strategiese bande te versterk deur middel van samewerking en gedeelde leierskap in internasionale forums. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya:
    1 min
  • Diaz-windkragstasie versterk Namibië se energiesekerheid
    Namibië se afhanklikheid van ingevoerde elektrisiteit kan verminder namate die land sy plaaslike hernubare energiebronne uitbrei. Die Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat onlangs ingewy is, bestaan uit elf windturbines met ’n gesamentlike opwekkingsvermoë van 44 megawatt en het N$1,5 miljard gekos. Die Elektrisiteitsbeheerraad se adjunkvoorsitter, Tjama Tjivikua, sê die projek is ’n belangrike stap om energiesekerheid te versterk en Namibië se eie energiebronne beter te benut.
    1 min
  • DA-leier sê party is op rand van geskiedenis in komende verkiesing
    Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party is op die rand van ʼn waarlik geskiedkundige gebeurtenis in volgende week se plaaslikeregeringsverkiesing, met baie Suid-Afrikaners wat dit oorweeg om die eerste keer vir die party te stem. Hy het gister ondersteuners by die DA se verkiesingsaamtrek in eThekwini toegespreek. Hill-Lewis sê die party sal kiesers vir hul vertroue vergoed deur korrupsie uit te roei, basiese dienste aan die gang te kry, meer werk te skep en gemeenskappe veiliger te maak:
    1 min
  • Adjunkminister prys bek-en-klouseer-span se toewyding
    Die Adjunkminister van Landbou, Ruthy Masake, sê die toewyding en deursettingsvermoë van personeel op die voorste linie van Namibië se bek-en-klouseer-reaksie is prysenswaardig. Masake het met die reaksiespan in Karasburg vergader om meer te hoor oor hul ervarings en die uitdagings waarmee hulle te kampe het om die uitbreking te beperk. Sy het die span geloof vir hul volgehoue pogings om Namibië se veebedryf te beskerm, en erken dat hulle onder moeilike omstandighede werk.
    1 min
  • Noordwes-polisie geprys vir die ontdekking van ‘n vermeende dwelmlaboratorium in Ramokokastad
    Die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, Peter Adams, het die polisie geprys vir hul operasionele optrede ná die ontdekking van nog ’n vermeende geheime dwelmlaboratorium in Thabeng-seksie, Ramokokastad, in Mogwase. Polisiewoordvoerder Thuto Bobelo sê beamptes het ’n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgevoer nadat inligting ontvang is oor vermoedelike dwelmvervaardigingsaktiwiteite op die perseel. Bobelo sê die polisie het beslag gelê op ’n aansienlike hoeveelheid items wat vermoedelik gebruik word vir die vervaardiging van onwettige dwelms:
    1 min
  • Vroue gemobiliseer om padveiligheid voor feestyd te bevorder
    Die Vroue-forum vir Padveiligheid wil meer vroue mobiliseer om ’n aktiewe rol in die bevordering van veiliger paaie te speel, veral met die feestyd wat nader kom. Die forum se voorsitter, Tuhafeni Shilongo, het tydens ’n padveiligheidsdag in Otjiwarongo gesê vroue kan deur verantwoordelike padgebruik en bewusmaking in hul gemeenskappe help om ongelukke te voorkom. Sy sê groter deelname aan die forum se inisiatiewe is nodig, aangesien padveiligheid ’n gedeelde verantwoordelikheid is wat by elke gesin en gemeenskap begin.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.