Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Motorsport: Antonelli op rand van eerste F1-wêreldtitel na sege in Amerika
    Die Italianer Kimi Antonelli is ʼn treetjie nader aan sy eerste Formule Een-bestuurderskampioenskap-titel nadat hy by die Amerikaanse Grand Prix uit die eerste wegspringplek ʼn oorwinning behaal het. Ferrari-renjaer Charles Leclerc was tweede en Max Verstappen van Red Bull derde. Die Mercedes-bestuurder se naaste teenstanders, Lewis Hamilton van Ferrari, was vierde en spanmaat George Russell agste om teoreties in die stryd te bly. Antonelli, wat Sondag in Mexiko-stad die titel sal opraap indien hy onder die top-nege eindig, sê hy het dié uitslag nodig gehad:
    1 min
  • Ramaphosa glo die ANC sal baie hê om te vier ná die verkiesing
    Die ANC-president Cyril Ramaphosa het vertroue uitgespreek in die party se verkiesingsvooruitsigte vir die plaaslikeregeringsverkiesing en gesê dat daar sal baie wees om te vier ná die verkiesing op 4 November. Hy het gister gepraat tydens 'n deur-tot-deur-veldtog in Soweto. Daar word verwag dat Soweto 'n belangrike strydveld in die verkiesing sal wees. Ramaphosa het ook die ANC se rekord van 32 jaar in die regering verdedig en gesê die party het beduidende transformasie en ontwikkeling teweeggebring:
    1 min
  • Todd Blanche ontken bewerings dat Trump middeltermynverkiesing probeer ondermyn
    Die Amerikaanse prokureur-generaal,Todd Blanche, het bewerings ontken dat president Donald Trump beplan om die uitslae van volgende maand se middeltermynverkiesing te ondermyn. Dit volg nadat die Departement van Justisie ’n regsgeding aanhangig gemaak het om die sertifisering van Alaska se Senaatsverkiesing te blokkeer, sou die sittende Republikeinse senator, Dan Sullivan, verloor. Daar word voorspel dat die Republikeinse Party beide die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat sal verloor. Blanche het aan CNN gesê die departement werk nie saam met enige veldtog of kandidaat om 'n regsgeding in te dien nie:
    1 min
  • SA polisie sê sy aanlyn werwingsveldtog lok steeds groot belangstelling
    Die Suid Afrikaanse polisie sê sy aanlyn werwingsveldtog lok steeds groot belangstelling, met meer as 300-duisend registrasies wat in net meer as drie dae aangeteken is. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê meer as 232-duisend aansoekers het die profiel-verifikasieproses voltooi, terwyl meer as 190-duisend reeds met hul aansoeke begin het. Sy sê die reaksie dui op groot belangstelling onder jong Suid-Afrikaners wat geleenthede soek om 'n loopbaan in die polisie te volg:
    1 min
  • Eagles maak geskiedenis met oorwinning oor Ierland
    Namibië het Saterdag geskiedenis gemaak met sy eerste eendag-oorwinning teen ’n volle lidland van die Internasionale Krieketraad. Die Eagles het Ierland met 31 lopies geklop in die tweede van vyf wedstryde, wat die reeks nou op een oorwinning elk te staan bring. Die spanne pak mekaar Dinsdag in die derde kragmeting. Kosmos 94.1 Nuus het met Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, gesels.
    1 min
  • RMB help bring NaTIS-dienste nader aan afgeleë gemeenskappe
    Die uitvoerende hoof van RMB Namibië, Daniel Motinga, sê die bank se bydrae van 75 000 Namibiese dollar tot die NaTIS on Wheels-inisiatief sal help om die hoë koste van infrastruktuur te verlig en noodsaaklike lisensie-dienste na afgeleë gemeenskappe te bring. Motinga sê die oorbrugging van afstand-s-hindernisse deur vennootskappe met die staat is ’n belangrike deel van RMB se verbintenis tot Namibië se ekonomiese ontwikkeling. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Etosha-brande onder beheer, 16,3% van park geraak
    Die veldbrande in die Etosha Nasionale Park is onder beheer, met geen aktiewe brande by Oberland en Gemsbokvlakte nie. Omgewingsministerie-woordvoerder Vilho Hangula sê brandspanne en lede van die Namibiese Weermag het die bedreigende vlamme teen Saterdagaand onderdruk. Brande by Olifantsbad, Harib en Aus bly onder beheer en hou geen bedreiging vir die park in nie. Altesaam 16,3 persent van Etosha se oppervlakte, oftewel sowat 3 746 vierkante kilometer, is gedurende September en Oktober deur brande verwoes. Die brandspanne bly op bystand, terwyl die oorsaak van die brande nog ondersoek word.
    1 min
  • Zaamwani waarsku oor BKS-risiko namate veeverkope nader kom
    Intussen sê die Minister van Landbou, Inge Zaamwani, sy het die Zambezi-streek besoek om die bek-en-klouseer-uitbreking op Kalala-eiland te beoordeel. Sy het ook kontrolepunte by Nakabolelwa en Luhonono besoek, waar personeel uitdagings soos ’n tekort aan personeel en noodsaaklike toerusting aangemeld het. Zaamwani sê samewerking tussen boere, veeartsenydienste en wetstoepassers is noodsaaklik om die siekte hok te slaan, veral met die piekseisoen vir vee-verkope wat nader kom.
    1 min
  • Nandi-Ndaitwah by Rusland-Afrika-beraad in Moskou
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah onderhandel vanaf Woensdag in Moskou saam met ander Afrika-leiers oor moontlikhede om meer baat uit verhoudings met Rusland te put. Nuwe geleenthede in handel, belegging en nywerheids-ontwikkeling is op die agenda in die derde Rusland-Afrika-beraad. ‘n Kantlynberaad fokus op die ekonomie en noodbystand aan ander lande. Die beraad is deur president Vladimir Poetin begin, met vorige ontmoetings in 2019 en drie jaar gelede in Sint Petersburg. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

    Jonas Mbambo Maandag
    1 min
  • COSATU vra nuwe munisipale befondsingsmodel
    COSATU sê 'n nuwe munisipale befondsingsmodel is nodig om te verseker dat die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering munisipaliteite kan bestendig en herbou. Die witskrif stel ingrypings voor om plaaslike regering te verbeter en te verseker dat gemeenskappe munisipale dienste ontvang, insluitend gratis basiese dienste vir behoeftige huishoudings. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê bekwame en gekwalifiseerde bestuurders en leiers moet aangestel word, terwyl korrupte en misdadige elemente uit munisipaliteite verwyder moet word.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.