Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Rugby: SA hoop op nog oorwinnings in URC die naweek
    Vrydag het een oorwinning en een nederlaag vir Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap opgelewer. Die Haaie het Cardiff 36–21 in 'n bonuspunt-oorwinning geklop, maar die Leeus moes in Edinburgh met 31–10 die knie teen hierdie onoorwonne Skotse span buig. Die Haaie is stewig terug in die boonste helfte van die punteleer. Die Bulle speel vandag teen Ulster en die Stormers teen die Scarlets. Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
    1 min
  • Namibië kan groot baat by China se nul-tariewe
    China se nul-tariewe op kwalifiserende Afrika-uitvoere kan beduidende voordele vir Namibië se handel en ekonomiese groei inhou. Daar word verwag dat die beleid nuwe geleenthede sal skep vir plaaslike ondernemings wat toegang tot internasionale markte soek. Hellen Amupolo, uitvoerende beampte vir besigheids- en kommersiële bankwese by Standard Bank Namibië, sê die fokus is nou daarop hoe die land sy uitvoerders kan posisioneer om voordeel te trek uit verbeterde toegang tot een van die wêreld se grootste verbruikersmarkte.
    1 min
  • Windplaas stoot 44 megawatt in kragnetwerk
    Die land se hernubare-energiesektor kry ’n hupstoot met die amptelike ingebruikneming van InnoVent se Diaz-windplaas suid van Lüderitz. Die projek van 1,9 miljard Namibiese dollar bestaan uit 11 turbines met ’n gesamentlike kapasiteit van 50 megawatt. Sowat 44 megawatt sal na die nasionale kragnetwerk gevoer word, terwyl die windplaas na verwagting jaarliks 240 gigawatt-uur se elektrisiteit sal opwek. NamPower se besturende direkteur, Simson Haulofu, het tydens die inhuldiging gepraat.
    1 min
  • Diamantwerkers se lot na parlement
    Midde groot uitdagings in die natuurlike diamantbedryf wil die Mynwerkersunie van Namibië griewe van werkers in die diamantsny- en poleerbedryf voor die parlement sleep. Die vakbond dring aan op 'n ondersoek na werksverliese, lae lone, ontoereikende voordele en beperkte vaardigheidsoordrag aan Namibiërs in die bedryf. Die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Unam eis antwoorde oor geld vir studenteprojek
    Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Rugby: Bulle reg vir taai Iere
    Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle se president, sê die span is deeglik voorbereid en gereed vir die uitdaging. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit
    ‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe huismoles in Havana tot dreigemente van brandstigting gelei het. Francois Lottering was daar vir COPPS 94.1:
    2 min
  • Media 'moet verskillende menings weergee'
    Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word geskryf". Baloyi het die media versoek om nie menings te onderdruk waarmee hul nie saamstem nie, maar ander se reg om te verskil te verdedig:
    1 min
  • Theofelus verdedig hersiene begroting
    Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike en infrastruktuurbehoeftes balanseer met die land se langtermynontwikkeling.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.