Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner
    Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n skerp daling in diamantinkomste, waarna die regering sy ekonomiese groeivooruitskatting vir vanjaar tot 2,3 persent verlaag het. Mostert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Hoekom groei ekonomie nie: Venaani oor begroting
    Die PDM-leier McHenry Venaani het die middelterym-begroting gekritiseer omdat dit nie die lewenskoste, behuising, sanitasie en boere se uitdagings voldoende aanspreek nie. Hy wou tydens die begrotingsdebat in die parlement weet hoe die hersiende bestedingsplanne gewone Namibiërs se lewens gaan verbeter. Hy het ook gepleit vir groter belegging in landbou en daarop gewys dat die sektor 1,5 miljard Namibiese dollar ontvang het, vergeleke met 1,9 miljard dollar vir internasionale betrekkinge en diplomasie. Venaani is aan die woord.
    1 min
  • Gaan snuffel in CAN se winkels, help 'n kankerlyer
    Die Kankervereniging doen ’n beroep op die publiek om sy tweedehandse winkels te ondersteun en sodoende kankerpasiënte te help. Die winkels in Windhoek en Swakopmund samel fondse in om die vereniging se pasiëntsorgprogramme te ondersteun. Uitvoerende hoof Rolf Hansen sê items wat ’n tweede lewe kry, kan ’n betekenisvolle verskil maak in die lewens van mense wat deur kanker geraak word. Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Ek wou beslis nie apartheidsvervolgings stuit: oudminister Nqakula
    Die oudminister van Veiligheid en Sekerheid, Charles Nqakula, het voor die Khampepe-kommissie ontken dat hy pogings ondersteun het om vervolgings van apartheids-gruweldade te staak. Hy sê dis diep beledigend dat beweer word hy of oudpresident Thabo Mbeki het geregtigheid vir Chris Hani en die Cradock Vier-aktivis Fort Calata belemmer. Nqakula onthou steeds die skok oor Hani se sluipmoord in 1993 en sê hy sou nooit die nagedagtenis van slagoffers ondermyn nie:
    1 min
  • Onwettige sand- en gruis-mynery onder die loep
    Die omgewingsministerie wil strenger optree teen die onwettige myn van sand en gruis, volgens Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti tydens openbare konsultasies vanoggend in Windhoek. Voorgestelde maatreëls sluit in swaar boetes, beslaglegging op toerusting en moontlike tronkstraf. Die voorgestelde wysigings beoog om ’n toegewyde regulerings- en afdwingingsraamwerk vir die sektor daar te stel, wat tans nie oor afsonderlike regulasies ingevolge die Wet op Omgewingsbestuur beskik nie. Mufeti het meer.
    1 min
  • Trump oorweeg glo vars aanvalle teen Iran
    Die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg blykbaar om militêre optrede teen Iran te hervat ná volgende maand se middeltermynverkiesing. Baie Amerikaners is teen die oorlog gekant, insluitend lede van sy eie Republikeinse Party. ʼn Meningspeiling van New York Times en Siena College toon 65-persent van deelnemers stem nie saam met Trump se hantering van die oorlog van byna agt maande, wat oliepryse opjaag nie. Trump sê egter die meeste mense ondersteun Amerika se optrede:
    1 min
  • Mantashe in die sop oor kru 'seks-vir-werk' opmerking
    Sonke Gender Justice veroordeel die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, se kru en minagtende reaksie op 'n vraag deur 'n Newzroom Afrika-joernalis oor bewerings dat munisipale raadslede in Noordwes seks eis van vroue in ruil vir werksgeleenthede. Mantashe het gereageer deur na vroulike geslagsdele te verwys. Die ANC het Mantashe intussen opdrag gegee om verskoning te vra. Bafana Khumalo van Sonke sê die uitlatings was onnodig, onvanpas en neerhalend:
    1 min
  • Suid-Afrika wil uitvoer en werke bevorder deur China se zero-tarief beleid
    Die Suid Afrikaanse minister van handel en nywerheid, Parks Tau, sê Suid-Afrika wil China se zero-tarief beleid vir Afrikalande gebruik vir meer uitvoere, plaaslike vervaardiging en werkskepping. China het die eensydige voorkeurskema bekendgestel wat belastingvrye toegang bied vir alle produkte, behalwe 47 tarief-lyne wat onderworpe sal wees aan tariefkoers-kwotas, vir die tydperk van 1 Mei vanjaar tot 30 April 2028. Tau sê die totale bilaterale handel tussen die twee lande was in 2025 642-miljard-rand, teenoor 483-miljard-rand in 2021:
    1 min
  • Ministerie monitor seismiese aktiwiteit voortdurend ná Kamanjab-aardbewing
    Die aardbewing van 4,9 naby Kamanjab het plaasgevind in ’n gebied met talle breuklyne in die aardkors, sê Mako Sitali, ’n geowetenskaplike by die ministerie van mynwese. Volgens Sitali verskuif hierdie swakker sones voortdurend, wat aardbewings veroorsaak. Sitali het met NBC gepraat en gesê ’n aardbewing van dié sterkte word as lig beskou, maar omdat dit vlak was, was die skudding aan die oppervlak sterker. Sy sê die ministerie se moniteringstelsel funksioneer goed en monitor voortdurend seismiese aktiwiteit. Sy verduidelik ook hoe die stelsel werk.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.