Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • SA Openbare Beskermer ondersoek bewerings van onveilige water in Bronkhorstspruit
    Die Openbare Beskermer het 'n ondersoek na die Stad Tshwane van stapel gestuur oor die waterkrisis in Bronkhorstspruit, nadat 408 mense siek geword het. Die ondersoek volg op klagtes van die EFF en die Vryheidsfront Plus, wat beweer die stad het versuim om chloor by die water tussen 24 September en 14 Oktober te voeg, en inwoners nie gewaarsku het dat dit dalk onveilig is om te drink nie. Die woordvoerder, Oupa Segalwe sê die watersuiweringsaanleg is tydelik buite werking gestel vir skoonmaak en ontsmetting:
    1 min
  • Ramaphosa sê politieke geskille mag nie noodsaaklike munisipale dienste ontwrig nie
    Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê politieke geskille en onbestendigheid moet nie noodsaaklike munisipale dienste ontwrig nie. Ramaphosa het in sy toespraak by die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering by die Birchwood-hotel in Boksburg gesê munisipaliteite moet voortgaan om betroubare water, elektrisiteit en ander basiese dienste te verskaf, ongeag politieke verskille. Hy het gewaarsku inwoners moet nie as gyselaar gehou word deur politieke onbestendigheid nie:
    1 min
  • NamRA maan belastingbetalers om voor 31 Oktober uitstaande skuld te vereffen
    Met baie Namibiërs wat vandag hul salarisse ontvang en die sperdatum van 31 Oktober wat vinnig nader kom, doen NamRA ’n beroep op belastingbetalers met uitstaande belastingskuld om dringend hul sake in orde te kry. Aune Shikongo, NamRA se bestuurder vir die Sentrale Streek: Registrasie, Belastingbetalerdienste en Skuldbestuur, sê belastingbetalers wat nie hul volle uitstaande bedrag onmiddellik kan betaal nie, kan vir ’n gestruktureerde betalingsreëling aansoek doen. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Byna 87 000 studente baat by gesubsidieerde tersiêre onderwys
    Die Minister van Finansies, Erica Shafudah, sê sowat 87-duisend studente het vanjaar by die regering se gesubsidieerde tersiêre onderwysprogram baat gevind. Sy het dit Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê tydens die indiening van die hersiene mediumtermynbegroting. Shafudah sê die regering het naastens 4-duisend onderwysers en nie-onderwyspersoneel aangestel in die tydperk:
    1 min
  • Steenkamp sê dis onregverdig om skoolsertifikate van leerders terug te hou
    Die Minister van Onderwys, Sanet Steenkamp, sê dit is onregverdig om skoolsertifikate van leerders terug te hou. Sy het in die parlement gereageer op ’n vraag van IPC-LP Bertha Nghifikwa, wat wou weet of beroepsopleidingsentrums leerders kan toelaat wat beroepsvoorbereidende vakke op Graad 9-vlak voltooi het, maar nooit hul sertifikate ontvang het nie. Steenkamp sê sy probeer meer oor die gevalle uitvind en dit ondersoek. Sy sê sy benodig bewyse van enige skool wat nie sertifikate aan leerders uitgereik het nie.
    1 min
  • 2027 Dakar-tydren keer ná 20 jaar terug na Afrika
    Reaksie word ontvang op die 2027 Dakar-tydren wat vir die eerste keer in 20 jaar weer in Afrika aangebied gaan word. Dit is teruggebring weens toenemende veiligheidskwessies in die Midde-Ooste, en die organiseerders het besluit om die veeleisende wedren uit Saoedi-Arabië te skuif. Volgens beplande skedules sal die 49ste uitgawe van die tydren op 9 Januarie 2027 begin. Ingo Waldschmidt van Namibië het al vier keer aan die tydren deelgeneem en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • NTN se ‘Yah, Neh?’ kombineer humor met vrae oor Namibiese identiteit
    Die Nasionale Teater van Namibië bring humor en sosiale kommentaar na die verhoog met sy nuwe skets-komedie-produksie, Yah, Neh? Die vertoning, wat van 4 tot 6 November in Windhoek plaasvind, beloof om alledaagse Namibiese ervarings te weerspieël, terwyl dit vrae oor identiteit en kultuur laat ontstaan. NTN-woordvoerder, Desiree Mentor, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die produksie die gehoor ook nooi om na te dink oor die vraag of Namibiese teater werklik die realiteite weerspieël van die mense wat dit verteenwoordig.
    1 min
  • Tweede aardbewing naby Kamanjab bevestig as naskok
    ’n Tweede aardbewing, wat 3,2 op die Richterskaal gemeet het, is Donderdagoggend in Kamanjab aangeteken, ná Woensdagaand se aardbewing van 4,9. Mako Sitali, ’n geowetenskaplike by die ministerie van mynwese, het bevestig dat dit ’n naskok was. Sy het met nbc gepraat en gesê daar was ook kleiner naskokke wat minder as 3 op die Richterskaal gemeet het. Volgens die Geologiese Opname van Namibië is die aardbewing deur ses plaaslike seismiese stasies en twee stasies in Suid-Afrika opgespoor. Sitali verduidelik wat mense moet doen indien daar weer ‘n aardbewing in die omgewing is:
    1 min
  • Keetmanshoop-burgemeester ontken bewerings dat munisipaliteit bankrot is
    Die burgemeester van Keetmanshoop, Emrico Blaauw, ontken mediaberigte dat die munisipaliteit bankrot is en nie werkers se Oktobersalarisse kan betaal nie. Blaauw het aan NBC gesê dié bewerings is onwaar en sou impliseer inwoners en besighede nie hul belasting-, elektrisiteits- of water-rekeninge betaal nie. Hy sê die raad het ’n NamWater-skuld van N$95 miljoen geërf, wat sedertdien tot N$83 miljoen verminder is, maar munisipale-rekening-betalings het wel skerp gedaal wat kontantvloei affekteer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.