Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Aanvalle op motoriste op SA snelweë wek kommer
    Die Motorbedryfpersoneelvereniging veroordeel die moord op 'n motoris in 'n vermeende spykerlokval naby die Carousel Plaza op die N1 in Tshwane. MISA sê dit vorm deel van 'n kommerwekkende patroon van georganiseerde aanvalle op snelweë. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola verwys na voorvalle waar voertuie op die N4 en in Bedfordview met klippe bestook is. Sy sê misdadigers buit swak verligte paaie en 'n gebrek aan sigbare wetstoepassing op bekende brandpunte uit. Hlubi-Majola eis toegewyde nagpatrollies:
    1 min
  • Aanvraag dryf groei in hibriede motor-verkope
    Electric Vehicles Namibia verwelkom ’n skerp toename in die verkope van hibriede en elektriese voertuie in die land. Volgens IJG Securities het verkope in September 2026 met 127 persent gestyg, van 26 eenhede in September verlede jaar tot 59 vanjaar. Hoewel dié voertuie steeds ’n klein deel van nuwe voertuigverkope uitmaak, dui die syfers op groeiende belangstelling in alternatiewe vorme van vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia gesels oor wat dié groei aandryf.
    1 min
  • Vyf nuwe Namibiese blafgeitjies amptelik benoem
    Ses nuwe spesies blafgeitjies is verlede jaar amptelik benoem, waarvan vyf in Namibië voorkom. Die ontdekking help om raaisels op te los wat wetenskaplikes al meer as 150 jaar lank verwar. Herpetoloog dr. Francois Becker sal tydens ’n praatjie by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging verduidelik hoe dié skugter reptiele aan die hand van hul roepe geïdentifiseer word, hoe hul evolusionêre geskiedenis nagespeur word en hoe om hulle in die natuur op te spoor. Die praatjie vind op 29 Oktober om sewe-uur die aand by die vereniging in Windhoek plaas. Becker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
    1 min
  • Landbouministerie fokus steeds eers op BKS-inperking
    Môre is dit presies 'n maand sedert bek-en-klouseer vir die eerste keer in die //Kharas-streek bevestig is. Landbouminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op die publiek en boere om geduldig te bly terwyl pogings om die uitbreking in te perk voortduur. Sy het in die parlement erken dat beperkings op beweging en handel 'n uitwerking op mense se lewensbestaan het, maar sê die bestryding van die siekte is nou die ministerie se hoogste prioriteit.
    1 min
  • Amupanda daag NV uit oor 'grondwetlike oortredings'
    Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het ’n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê waarin hy die Huis oor beweerde grondwetlike oortredings uitdaag. Amupanda bevraagteken waarom geen wetgewing wat uit die NV self ontstaan het, in die afgelope 36 jaar aangeneem is nie. Hy vra ook waarom verkose LP’s toestemming van onverkose amptenare nodig het om private lede-wetsontwerpe in te dien, en spreek kommer uit oor die Prokureur-generaal se regsverteenwoordiging van die parlement.
    1 min
  • Trump verdedig sy opheffing van Rusland-sanksies
    President Donald Trump van Amerika verdedig die vrylating van die Amerikaanse burger, Stephen Hubbard, uit Russiese aanhouding en ontken dat enige toegewings aan president Vladimir Putin gemaak is. Die 74-jarige oud-onderwyser is daarvan beskuldig dat hy vir Oekraïne geveg het toe hy in 2022 aangekeer is. Hy is sewe-jaar tronkstraf opgelê. Trump sê Hubbard sou nie vrygelaat word as sy administrasie nie verlede week verhoed het dat nuwe sanksies teen Rusland ingestel word nie:
    1 min
  • MK is geleer om teen apartheid te veg, nie witmense: Kasrils
    ’n Stigterslid van Umkhonto we Sizwe en oudminister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het aan die Khampepe-kommissie gesê jong rekrute wat in die 1970’s en '80’s by opleidingskampe aangekom het, wou wit Suid-Afrikaners doodmaak – aangevuur deur woede oor apartheid. Hy sê rekrute is geleer dat die stryd teen die apartheidstelsel gerig was, en nie op ras nie. Kasrils sê die opleiding het klem gelê op die Vryheidsmanifes en die ANC se nie-rassige beginsels:
    1 min
  • SA inflasie styg na 4,5% in September
    Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in September 4,5-persent bereik, teenoor 4,4-persent in Augustus. Hoër brandstofpryse was 'n groot dryfveer, met vervoerkoste wat verantwoordelik is vir 'n derde van die algehele inflasiekoers. Brandstofpryse het die afgelope jaar met 27,9-persent gestyg, terwyl voedselinflasie ook tot 1,2-persent toegeneem het. Ricado Johnson van Statistiek Suid-Afrika sê vleisinflasie het verlangsaam tot 0,7-persent, die laagste vlak in 18 maande:
    1 min
  • Finansiële beroepsmense 'moet ekonomie aanhelp'
    Die land se finansiële beroepsmense word uitgedaag om hul invloed in meetbare ekonomiese resultate te omskep. Tom Alweendo, stigter van Alvenco Energy, het die hoofrede gelewer tydens die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters se 2026 Nasionale Rekeningkundige Beraad. Hy vra vir sterker instellings en beter bestuur van hulpbronne en energie, namate Namibië sy ekonomiese ontwikkeling voortsit.
    1 min
  • DA kan grootste party in Gauteng word, sê politieke wetenskaplike
    Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesings vind op 4 November plaas, en politieke partye verskerp hul veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met professor André Duvenhage, ’n politieke wetenskaplike aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom, gepraat. Hy sê die DA kan moontlik die grootste party in Gauteng word, maar dit kan belangrike politieke gevolge inhou.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.