Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • MISA verwelkom verligting met brandstofheffing as oorwinning vir SAners
    Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die tydelike verligting ten opsigte van die brandstofheffing, wat deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana aangekondig is, is 'n oorwinning vir werkers, hul gesinne en georganiseerde arbeid. Van 4 November tot 1 Desember sal die brandstofheffing met drie-Namibiese-dollar-per-liter vir diesel en een-dollar-50-sent vir petrol verminder word. Klein verminderings sal dan tot 5 Januarie van krag sal wees. Phakamile Hlubi-Majola van MISA waarsku baie werkers verkeer steeds onder finansiële druk:
    1 min
  • Veldbrand verwoes meer as 15 000 hektaar in Hardap
    Berigte uit die Hardap-streek lui dat ’n groot veldbrand in die Daweb- en Gibeon-kiesafdelings reeds meer as 15 000 hektaar weiveld verwoes het. Die brand, wat Maandag in Daweb aangemeld is, het sedertdien na Gibeon en omliggende gebiede versprei, terwyl sterk winde pogings om dit onder beheer te bring, bemoeilik. Senior landboutegnikus Chris Kisting het Woensdag gesê bykomende mannekrag en hulpbronne is dringend nodig om die brand te blus. Volgens hom bemoeilik die afstand na waterpunte ook die brandbestrydingspogings:
    1 min
  • Beter belastinginvordering versterk SA se tesourie
    Intussen ontvang die Suid-Afrikaanse minister van finansies se mediumtermynbegroting verdere reaksie. Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep en BetterBond, sê belastinginvorderings was beter as verwag, wat die Nasionale Tesourie in ’n gunstiger posisie plaas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Shafudah se hersiene begroting onder die loep
    Alle oë is vandag op finansminister Ericah Shafudah, wat vanmiddag haar hersiene mediumtermynbegroting in die parlement ter tafel lê. Sy moet onder meer rekening hou met die skerp styging in brandstofpryse sedert Maart weens die oorlog in die Midde-Ooste, asook die finansiële druk weens bek-en-klouseer en moontlike uitdagings rondom die beplande bekendstelling van Namibia Air. KosmosKapitaal se Jo-Maré Duddy het met Cirrus Capital se ontleder Pandu Shaduka gepraat oor hoe hierdie uitdagings die begrotingstekort en die regering se skuldlas kan beïnvloed.

    Volg KosmosKapitaal se Facebook-blad vandag vir opdaterings en ontleding terwyl Shafudah haar hersiene mediumtermynbegroting bekend maak, en hoor wat dit vir Namibië se ekonomie en jou sak kan beteken.
    1 min
  • Gautengse LUR vir Onderwys vra kalmte ná beweerde seksuele aanranding van graad 4-leerder
    Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, het die Departement se nulverdraagsaamheid teenoor seksuele misbruik herbevestig, nadat 'n graad vier-leerder by die Busisiwe-laerskool in Soweto na bewering deur 'n onderwyser seksueel aangerand is. Die onderwyser is hangende dissiplinêre verrigtinge op voorsorgskorsing geplaas. Maile het Woensdag die skool besoek en sielkundige ondersteuning vir die leerder en haar gesin gereël. Hy het 'n beroep op kalmte gedoen en die gemeenskap versoek om die ondersoek sy gang te laat gaan:
    1 min
  • Amutse: Ministerie het tegnologie om diamantpryse te bepaal
    Die minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê die ministerie beskik oor gekwalifiseerde personeel met toegang tot die nodige tegnologie om die waarde van diamante te bepaal. Hy het geantwoord op ’n vraag van IPC-LP Ferdinand Hengombe, wat duidelikheid gesoek het oor hoe die ministerie die pryse van plaaslik geproduseerde diamante bepaal en of dit oor die nodige skanderingstegnologie beskik.
    1 min
  • 39 spanne pak Saterdag die Barberspan 300 in SA aan
    Nege-en-dertig spanne sal eerskomende Saterdag aan die Westfert Barberspan 300 Off Road North-kampioenskap deelneem. Die wedren is die sewende en laaste ronde van die Off Road North-kampioenskap, waartydens renjaers van Suid-Afrika, Botswana en Namibië in nege verskillende klasse oor die uitdagende 300 kilometer meeding. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
    2 min
  • Japan se MMX-sending mik op monsters van Marsmaan
    Nuwe inligting het na vore gekom oor Japan se MMX-ruimtesending, wat op pad is om stofmonsters van een van Mars se twee mane te versamel. Professor Pieter Meintjies, 'n astrofisikus aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, verduidelik die jongste ontwikkelings tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
    1 min
  • Hittegolf sal Namibiese binneland oor naweek tref
    Die Namibiese Weerdiens waarsku dat hittegolf-toestande na verwagting tot oor die komende naweek sal voortduur, met temperature wat in sommige gebiede reeds tussen 36 en 42 grade Celsius bereik het. Albertina Anderson sê die weer-modelle dui daarop dat die hitte verder sal toeneem namate die naweek nader kom. Die publiek word gemaan om genoeg water te drink, strawwe buitelugaktiwiteite gedurende die warmste ure te vermy en veral na bejaardes, babas, en troeteldiere om te sien.
    1 min
  • Jauch: Entrepreneurskap alleen sal nie werkloosheid oplos nie
    Arbeidskenner Herbert Jauch sê die werkloosheidskrisis kan nie opgelos word deur van gegradueerdes te verwag om werkskeppers te word nie. Hy voer aan dat die oplossing lê in die transformasie van ’n ekonomie wat nie daarin slaag om genoeg werkgeleenthede met ordentlike vergoeding te skep nie. Sy opmerkings volg ná ’n oproep deur die minister van onderwys, Sanet Steenkamp, vir nouer samewerking tussen universiteite en die sakesektor. Jauch het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê entrepreneurskap alleen kan nie industrialisasie, ’n sterker vervaardigingsektor en doelgerigte staatsbelegging vervang nie.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.