Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie
    Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan boord, kan die maatskappy dalk so vroeg as volgende maand geregistreer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romé Mostert, medestigter van Cirrus, die projek se finansiële adviseurs.
    1 min
  • Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'
    Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie te stimuleer.
    1 min
  • Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV
    Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral in die inligting- en komunikasie tegnologie-sektor.
    1 min
  • Ierland kom maak plaaslik krieketgeskiedenis
    Krieketgeskiedenis gaan gemaak word wanneer Ierland se mansspan vir die eerste keer ooit teen die FNB Eagles te staan kom in 'n opwindende reeks van vyf eendagwedstryde. Die eerste wedstryd begin môre om 10-uur op die Namibië Krieketveld in Windhoek. Die Capricorn Eagles A-span sal ook van 25 tot 31 Oktober op die veld in aksie wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, dr. Rudi van Vuuren gesels.
    1 min
  • Nascam sê hy werk daaraan om invorderings te verbeter
    Nascam sê tantième aan musikante en komponiste word tans een keer per jaar uitbetaal, gegrond op gerapporteerde musiekgebruik en ingevorderde lisensiegelde. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze sê die organisasie werk daaraan om invorderings te verbeter, onder meer deur lisensie-inspekteurs in die streke aan te stel, en meer musiek-gebruikers te help om aan die vereistes te voldoen.
    1 min
  • Zelensky reg om dadelik vir vrede te onderhandel
    Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, is gereed om onmiddellik te onderhandel vir 'n vinnige, blywende vredesooreenkoms met Rusland. Kiëf en sy Europese bondgenote het voorstelle uitgewerk om vredespogings te bevorder, insluitend 'n moontlike drieledige gesprek tussen die leiers van Oekraïne, Rusland en Amerika. Dit maak ook voorsiening vir die uitruil van gevangenes en 'n maritieme skietstilstand. Zelensky herhaal geen gesprek oor Oekraïne se toekoms kan geldig of geloofwaardig wees sonder Kiëf se deelname nie:
    1 min
  • Dis reg dat amptenare moet opdok vir hofsake: kenner
    Bestuurskenner Pius Dunaiski verwelkom die Staatsdienskommissie se besluit om staatsamptenare aanspreeklik te hou vir finansiële verliese weens hofsake wat deur nalatigheid veroorsaak word, ingevolge Artikel 11 van die Wet op Staatsfinansies. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Dunaiski dat hierdie stap lank reeds verwag is. Hy sê dat belastingbetalers nie langer moet opdok vir duur foute wat voortspruit uit swak besluitneming en tekortkominge in openbare administrasie nie.
    1 min
  • Intense hittegolf in Noorde tref Khomas Vrydag: Weerdiens
    Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n dringende weerwaarskuwing oor versengende hitte oor die noordelike dele van die land uitgereik. Die diens sê 'n intense hittegolf is aktief en sal tot Sondag voortduur, met dagtemperature wat na verwagting tot 42 grade Celsius sal styg. Die hitte sal teen Vrydag die Khomas-streek bereik en oor die naweek verder suid versprei. Die publiek word sterk aangeraai om langdurige blootstelling aan direkte sonlig te vermy, en te sorg dat hulle genoeg water drink en strawwe buitelugtake beperk. 'n Ogie moet ook oor kwesbare mense soos babas en bejaardes gehou word. Die meteoroloog Albertina Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Nigerië teken eerste Ebola-geval in hoofstad aan
    Nigerië het sy eerste Ebola-geval aangemeld in ʼn vrou wat van Uganda na Abuja gereis het. Die Demokratiese Republiek van die Kongo beleef sy dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis weens die skaars Bundibugyo-stam. Minstens 4 600 mense is dood en meer as 9 500 gevalle aangeteken. Kenia het vroeër die maand sy eerste geval aangemeld en sedertdien is nog nege gevalle bevestig. Nigerië se minister van Gesondheid, Muhammad Ali Pate, sê die vrou is in afsondering:
    1 min
  • Namibië bied faktore wat toeriste aantrek
    Die toerismesektor het die nasionale kamerbesettingsyfer van voor die pandemie in die derde kwartaal vanjaar oortref. Kamerbesettings van 66,5 persent en bedbesettings van 58,9 persent was hoër as beide die 2025- en 2019-vlakke. Volgens Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het sterk reisvraag uit Sentraal-Europese bronmarkte die piekseisoen gedra. Robuuste lugrederybesprekings sal na verwagting momentum behou deur die twee weke lange Europese herfsvakansietydperk. Paetzold het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.