Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Zaamwani oorweeg bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite
    Landbouminister Inge Zaamwani sê ministeriebeamptes sal veesiektebeheerposte inspekteer om die behoefte aan bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite te bepaal te midde van die bek-en-klouseer-uitbreking. Sy het dié onderneming in die Nasionale Vergadering gegee nadat Affirmative Repositioning-LP Fredrick Shitana kommer uitgespreek het dat voertuie deur kontrolepunte kan beweeg sonder om ontsmet te word. Die minister het verduidelik dat bestaande fasiliteite hoofsaaklik ontwerp is vir voertuie wat van noord na suid reis. Dit laat vrae ontstaan oor voldoende ontsmettingsdekking vir verkeer in albei rigtings. Zaamwani sê die uitbreiding van die fasiliteite sal van beskikbare hulpbronne afhang, aangesien die ministerie se begroting nie voldoende is om in al sy behoeftes te voorsien nie.
    1 min
  • Rusland gereed om vredesgesprekke te hervat
    Rusland is in beginsel gereed om samesprekings met Amerika en Oekraïne oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne te hervat, volgens Yuri Ushakov, 'n senior assistent van Russiese president Vladimir Putin. Hy het gepraat nadat Putin Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg ontmoet het. Oekraïense president Volodymyr Zelensky en sy Europese bondgenote dring aan op 'n onmiddellike hervatting van die samesprekings wat in Februarie opgeskort is, en Ushakov sê 'n nuwe ronde kan volgende maand gehou word, moontlik in Abu Dhabi. Die voormalige Russiese diplomaat Yuri Lindre het uit Moskou met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • DA eis vinniger hervormings vir werkskepping
    Die DA sê die regering het vinniger en meer ambisieuse ekonomiese hervormings nodig om groei te bevorder en werksgeleenthede te skep. Die party verwelkom die Nasionale Tesourie se planne om staatskuld te stabiliseer, maar die ekonomiese groeivoorspelling van 1,2-persent is te laag om 'n betekenisvolle verskil aan werkloosheid te maak. Kingsley Wakelin van die DA doen 'n beroep op hervormings in die elektrisiteit-, hawe- en spoorwegsektore, sowel as op die vermindering van burokratiese rompslomp, om beleggings te lok:
    1 min
  • SA finansminister verlaag brandstofheffing vir nou
    Die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 'n tydelike verlaging van die brandstofheffing aangekondig om druk op huishoudings en ondernemings te verlig. Die heffing sal van 4 November tot 1 Desember verminder word met een Suid-Afrikaanse rand-50-sent per liter petrol en drie-rand per liter diesel. Godongwana het ook die land se ekonomiese groeivoorspelling vir vanjaar van 1,6- na 1,2-persent verminder. Hy sê die Tesourie het sy vooruitskatting vir belastinginkomste met 17,1-miljard-rand verhoog, terwyl die begrotingstekort nou na verwagting tot 4,3-persent van die BBP sal krimp:
    1 min
  • Skaapboere produsente-maatskappy op rand van registrasie
    Die land se skaapboere neem beheer oor hul eie toekoms, met planne vir die voorgestelde produsente-maatskappy wat goed vorder. Die inisiatief beoog om tussengangers uit te skakel, opbrengste vir boere te verbeter en nuwe markte regoor die SAOG-streek te ontsluit. Met meer as die minimum aantal belangstellende produsente reeds aan boord, kan die maatskappy dalk so vroeg as volgende maand geregistreer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romé Mostert, medestigter van Cirrus, die projek se finansiële adviseurs.
    1 min
  • Shafudah 'moet fokus op minder skuld, meer groei'
    Met die oog op môre se hersiene mediumtermynbegroting skuif die aandag na die fiskale prioriteite wat staatsbesteding behoort te rig. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê die ekonoom Robin Sherbourne dat finansminister Ericah Shafudah daarop behoort te fokus om staatskuld te verminder en groei in die binnelandse ekonomie te stimuleer.
    1 min
  • Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV
    Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral in die inligting- en komunikasie tegnologie-sektor.
    1 min
  • Ierland kom maak plaaslik krieketgeskiedenis
    Krieketgeskiedenis gaan gemaak word wanneer Ierland se mansspan vir die eerste keer ooit teen die FNB Eagles te staan kom in 'n opwindende reeks van vyf eendagwedstryde. Die eerste wedstryd begin môre om 10-uur op die Namibië Krieketveld in Windhoek. Die Capricorn Eagles A-span sal ook van 25 tot 31 Oktober op die veld in aksie wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, dr. Rudi van Vuuren gesels.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.