Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • 45 leerders kry Duitse loopbaanwenke by slypskool by Von Bachdam
    Sowat 45 leerders van Windhoek, Swakopmund, Tsumeb en Otjiwarongo het onlangs ’n eendag-slypskool by die Von Bachdam bygewoon. Die slypskool het gefokus op hoe Duitse taalvaardighede loopbaangeleenthede in Namibië en Duitsland kan skep. Gundula Perry, woordvoerder van die Duitse ambassade in Namibië, sê die geleentheid is deur die Duitse ambassade, die Universiteit van Namibië, die Goethe-Institut Namibia en Duitse onderwysers van die deelnemende skole gereël.
    1 min
  • NamRA bied volle kwytskelding van belastingrente en boetes
    NamRA doen ’n beroep op belastingbetalers wat nie aan hul belastingverpligtinge voldoen nie om voordeel te trek uit die voortgesette belasting-amnestieprogram voordat dit op 31 Oktober 2026 sluit. NamRA se sentrale streekbestuurder vir registrasie en belastingbetalerdienste, Aune Shikongo, sê die program bied volle kwytskelding van rente en boetes op uitstaande belastingrekeninge, mits die uitstaande hoofskuld vereffen word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Oproep om kinderbedelary by kruisings hok te slaan
    Daar word gevra vir dringende ingryping oor die toenemende aantal Angolese kinders wat by straatkruisings in Namibië geld by motoriste bedel. Dit volg te midde van bewerings dat sommige kinders aggressief raak en selfs klippe na voertuie gooi wanneer motoriste nie geld gee nie. Michael Nieuwoudt, senior privaatondersoeker by Namibia Investigation Services, waarsku dat die voorvalle ’n ernstige veiligheidsrisiko vir motoriste, passasiers en die kinders self inhou.

    Hy sê enige ingryping moet wetstoepassers, maatskaplike werkers en die regerings van Namibië en Angola betrek.
    1 min
  • Outismeverteenwoordigers kom in November in Windhoek byeen
    Windhoek sal die middelpunt van wêreldwye outismevoorspraak wees wanneer die sesde Wêreld-Outisme-organisasie-kongres van 3 tot 5 November plaasvind. Sleutelkwessies soos vroeë intervensie, onderwys, indiensneming, regte en ondersteuning vir ouer outistiese mense sal bespreek word. Bianca Özcan (uitspraak: Iz-jan) van die Outismevereniging van Namibië sê die kongres kom op ’n kritieke tyd, aangesien die land se outistiese gemeenskap steeds nie voldoende ondersteuning ontvang nie.
    1 min
  • Rugby: Stormers pak Scarlets in VRK-kragmeting
    Die Verenigde Rugbykampioenskap gaan die naweek voort met onder andere die Stormers wat die Scarlets van Wallis in Kaapstad die stryd sal aansê. John Dobson, die Stormers se hoofafrigter, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
    1 min
  • Namibië wil landbouproduksie verhoog en invoere verminder
    Namibië moet plaaslike landbouproduksie uitbrei om invoere te verminder en meer in die land se eie behoeftes te voorsien. Dit volgens Ndapewa Hangula, waarnemende uitvoerende direkteur van die Namibië Beleggingsbevorderingsontwikkelingsraad, wat tydens die afsluiting van die tweedaagse Landboubeleggingskonferensie gepraat het. Sy sê die konferensie het gefokus op die lok van private investering, die skep van werksgeleenthede en die ondersoek van beleggingsgeleenthede deur die landbouwaardeketting.
    1 min
  • EU-rolprentfees plaas 10 Namibiese kortfilms in kollig
    Die Europese Unie-rolprentfees bring plaaslike en internasionale rolprentkuns na Windhoek, met tien Namibiese kortfilms op die program, waaronder Connections, Okuruwo en One More Win. Die fees duur tot 19 November en bied gratis vertonings aan om Namibiese storievertelling en opkomende rolprenttalent te bevorder. Tjuna Daringo, voorsitter van die Filmmakers Association of Namibia, sê die fees skep belangrike geleenthede vir plaaslike rolprentmakers en ander kreatiewes.
    1 min
  • SA verhoog gebeurlikheidsfonds tot N$10 miljard
    Die SA regering het sy gebeurlikheidsfonds tot tien-miljard Namibiese dollar verhoog vir die 2026/2027-boekjaar om voorbereid te wees op droogte, die verwagte El Niño-weerpatroon en moontlike verdere skokke in energiepryse. Die geld is bedoel om as buffer te dien vir noodgevalle wat bykomende druk op huishoudings, besighede en staatsbesteding kan plaas. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê sterker openbare finansies het die land se vermoë verbeter om op onverwagte krisisse te reageer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.