Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Petroleumwysigingswetsontwerp "kan te veel mag in presidensie konsentreer"
    Namibië se olietoekoms staan sentraal in 'n hewige debat oor parlementêre verantwoording, waar opposisiepartye waarsku dat die aanvaarding van die Petroleum-wysigingswetsontwerp te veel mag in die presidensie kan konsentreer. Die wetsontwerp het die tweede lees in die parlement geslaag, met net die steun van Swapo en die NEFF. Dawid Eigub, hoofsweep van die LPM, sê dit is 'n aanval op demokrasie en dat die speaker gebruik word om die regerende party se planne deur te voer.
    1 min
  • Namibië se ekonomiese groeivooruitskatting vir 2026 verlaag tot 2,3%
    Namibië se ekonomiese groeivooruitskatting vir 2026 is van 3,1% tot 2,3% verlaag ná swakker as verwagte ekonomiese prestasie gedurende die eerste helfte van die jaar. Die minister van finansies, Ericah Shafudah, het die hersiene mediumtermyn-begroting Donderdag vir 2026/27 in die Nasionale Vergadering aangekondig. Die hersiene vooruitskatting beklemtoon die uitwerking van laer mynbou-inkomste op staatsinkomste en Namibië se blootstelling aan skommelinge in kommoditeits-markte:
    1 min
  • KI ontdek kritieke PHP-kwesbaarhede wat wêreldwye kuberveiligheid bedreig
    Regerings en ondernemings wêreldwyd skarrel om hulle webwerwe te beveilig nadat twee kritieke swakhede ontdek is in PHP, 'n programmeertaal waarvolgens sowat 70 persent van die internet funksioneer. Dit stel kuberkrakers in staat om sonder 'n wagwoord beheer oor kwesbare bedieners oor te neem. Miljoene pogings om die swakhede uit te buit is reeds aangemeld. Verskeie lande het as 'n voorsorgmaatreël webwerwe tydelik vanlyn geneem. Maar hoe het kunsmatige intelligensie die enorme kuberveiligheidsrisiko op die internet ontdek, en wat beteken dit vir jou? Die BBC se tegnologiekorrespondent, Joe Tidy.
    1 min
  • Ramaphosa kondig hervormings aan om munisipale dienslewering te verbeter
    Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het groot hervormings aangekondig om munisipaliteite wat nie effektief funksioneer nie, reg te ruk en dienslewering te verbeter. Tydens die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering in Ekurhuleni, het hy voorgestel munisipaliteite se verantwoordelikhede moet in lyn gebring word met die betrokke munisipaliteite se kapasiteit. Aanspreeklikheid moet ook versterk word, en inkomste uit water en elektrisiteit moet aangewend word vir die instandhouding van infrastruktuur. Hy sê die hervormings is daarop gemik om openbare vertroue te herstel en te verseker dat gemeenskappe betroubare basiese dienste ontvang:
    1 min
  • Aanvalle op motoriste op SA snelweë wek kommer
    Die Motorbedryfpersoneelvereniging veroordeel die moord op 'n motoris in 'n vermeende spykerlokval naby die Carousel Plaza op die N1 in Tshwane. MISA sê dit vorm deel van 'n kommerwekkende patroon van georganiseerde aanvalle op snelweë. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola verwys na voorvalle waar voertuie op die N4 en in Bedfordview met klippe bestook is. Sy sê misdadigers buit swak verligte paaie en 'n gebrek aan sigbare wetstoepassing op bekende brandpunte uit. Hlubi-Majola eis toegewyde nagpatrollies:
    1 min
  • Aanvraag dryf groei in hibriede motor-verkope
    Electric Vehicles Namibia verwelkom ’n skerp toename in die verkope van hibriede en elektriese voertuie in die land. Volgens IJG Securities het verkope in September 2026 met 127 persent gestyg, van 26 eenhede in September verlede jaar tot 59 vanjaar. Hoewel dié voertuie steeds ’n klein deel van nuwe voertuigverkope uitmaak, dui die syfers op groeiende belangstelling in alternatiewe vorme van vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia gesels oor wat dié groei aandryf.
    1 min
  • Vyf nuwe Namibiese blafgeitjies amptelik benoem
    Ses nuwe spesies blafgeitjies is verlede jaar amptelik benoem, waarvan vyf in Namibië voorkom. Die ontdekking help om raaisels op te los wat wetenskaplikes al meer as 150 jaar lank verwar. Herpetoloog dr. Francois Becker sal tydens ’n praatjie by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging verduidelik hoe dié skugter reptiele aan die hand van hul roepe geïdentifiseer word, hoe hul evolusionêre geskiedenis nagespeur word en hoe om hulle in die natuur op te spoor. Die praatjie vind op 29 Oktober om sewe-uur die aand by die vereniging in Windhoek plaas. Becker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
    1 min
  • Landbouministerie fokus steeds eers op BKS-inperking
    Môre is dit presies 'n maand sedert bek-en-klouseer vir die eerste keer in die //Kharas-streek bevestig is. Landbouminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op die publiek en boere om geduldig te bly terwyl pogings om die uitbreking in te perk voortduur. Sy het in die parlement erken dat beperkings op beweging en handel 'n uitwerking op mense se lewensbestaan het, maar sê die bestryding van die siekte is nou die ministerie se hoogste prioriteit.
    1 min
  • Amupanda daag NV uit oor 'grondwetlike oortredings'
    Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het ’n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê waarin hy die Huis oor beweerde grondwetlike oortredings uitdaag. Amupanda bevraagteken waarom geen wetgewing wat uit die NV self ontstaan het, in die afgelope 36 jaar aangeneem is nie. Hy vra ook waarom verkose LP’s toestemming van onverkose amptenare nodig het om private lede-wetsontwerpe in te dien, en spreek kommer uit oor die Prokureur-generaal se regsverteenwoordiging van die parlement.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.