'n Amerikaanse federale jurie het 'n vierde aanklag van aanranding met 'n dodelike wapen bygevoeg teen die beskuldigde in die skietery tydens die Withuis-korrespondentevereniging se dinee, Cole Tomas Allen. Die Amerikaanse regsverteenwoordiger vir die Columbia-distrik, Jeanine Pirro, sê die 31-jarige is reeds aangekla van poging tot sluipmoord op president Donald Trump, die vervoer van 'n vuurwapen met die doel om 'n misdaad te pleeg, en die afvuur van 'n vuurwapen: