Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Nandi-Ndaitwah by Rusland-Afrika-beraad in Moskou
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah onderhandel vanaf Woensdag in Moskou saam met ander Afrika-leiers oor moontlikhede om meer baat uit verhoudings met Rusland te put. Nuwe geleenthede in handel, belegging en nywerheids-ontwikkeling is op die agenda in die derde Rusland-Afrika-beraad. ‘n Kantlynberaad fokus op die ekonomie en noodbystand aan ander lande. Die beraad is deur president Vladimir Poetin begin, met vorige ontmoetings in 2019 en drie jaar gelede in Sint Petersburg. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

    Jonas Mbambo Maandag
    1 min
  • COSATU vra nuwe munisipale befondsingsmodel
    COSATU sê 'n nuwe munisipale befondsingsmodel is nodig om te verseker dat die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering munisipaliteite kan bestendig en herbou. Die witskrif stel ingrypings voor om plaaslike regering te verbeter en te verseker dat gemeenskappe munisipale dienste ontvang, insluitend gratis basiese dienste vir behoeftige huishoudings. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê bekwame en gekwalifiseerde bestuurders en leiers moet aangestel word, terwyl korrupte en misdadige elemente uit munisipaliteite verwyder moet word.
    1 min
  • Landbou moet verder kyk en op langtermyn-veerkragtigheid fokus
    Landbou is op 'n keerpunt, met klimaatsdruk, stygende koste, veranderende markte en nou ‘n uitbreking van bek-en-klouseer wat die veerkragtigheid van boere en die breër bedryf op die proef stel. Awie Thompson, hoof van landbou by FNB Namibië, voer aan die bedryf moet verder kyk as die oorlewing van moeilike seisoene. Die fokus moet wees op die bou van sterker ondernemings, die skep van waarde en die versekering van langtermyn-volhoubaarheid. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
    1 min
  • Kaapstad vorder, maar duisende hersteltake steeds onvoltooi
    Stad Kaapstad sê hy het 85 persent van die geverifieerde uitstaande pad- en sypaadjieprojekte, wat verband hou met herstelwerk aan water- en sanitasie-infrastruktuur, uit die 2025/26-boekjaar afgehandel. Teen 15 Oktober moes daar nog 2 335 aangetekende gevalle herstel word. Die lid van die burgemeesterskomitee vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê daar word ook vordering gemaak met die ouer agterstand, met 97 persent van die projekte uit die 2024/25-boekjaar reeds voltooi.
    1 min
  • Vyf tuis doodgeskiet in vermoedelike bendegeweld
    Die Wes-Kaapse polisie het die massaskietery in Steenberg veroordeel wat gisteraand vyf lewens geëis en drie gewond gelaat het. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die slagoffers het omstreeks agtuur by 'n woning in Blodestraat gekuier toe onbekende gewapende mans die perseel binnegegaan en lukraak begin skiet het. Volgens Potelwa is vier mans en 'n vrou, tussen die ouderdomme van 21 en 33, op die toneel dood.
    1 min
  • Klippe en eiers gooi is nie tiener-kattekwaad
    Om motors onder klippe – of eiers te steek, is nie skadelose kinderkattekwaad nie. Die Swakopmund-munisipaliteit vra inwoners om sulke tieners by die polisie te verkla. Dit volg nadat buurtwagte inwoners in Oceanview en Platz am Meer hieroor gewaarsku het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa sê hoewel videomateriaal hiervan versprei is, het geen klagtes die raad bereik nie.
    1 min
  • Kameelperdbevolking herstel toenemend
    Oor die afgelope dekade het die Giraffe Conservation Foundation, deur middel van wetenskaplik gefundeerde hervestigings, daarin geslaag om kameelperde, ook in Namibië, terug te bring na 11 miljoen hektaar Afrika-landskap. Medestigter Julian Fennessy sê Afrika het meer as 90 persent van sy historiese kameelperdbevolking verloor, maar dat translokasies werk. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Malema vra gratis water en krag vir behoeftiges
    Die EFF-president Julius Malema vra vir gratis water en elektrisiteit vir ontvangers van maatskaplike toelaes. Tydens die party se 'Tshela Thupa'-veldtog vir die plaaslikeregeringverkiesing op die KaMaqhekeza-stadion in Nkomazi, Mpumalanga, het Malema gesê kwesbare huishoudings behoort toegang tot basiese dienste te hê, sonder die bykomende las van onbekostigbare nutsdienste. Die voorstel kom te midde van voortdurende kommer oor die stygende lewenskoste en die finansiële druk waarmee lae-inkomstehuishoudings te kampe het.
    1 min
  • Pro-aktiewe plan nodig teen BKS
    Die Cirrus-ontleder Romé Mostert sê Namibië benodig ’n proaktiewe plan om die impak van bek-en-klouseer op boere en die landbousektor te beperk. Hy beklemtoon dat vinnige optrede, insluitend die uitdunning van besmette vee waar nodig en vergoeding vir boere, deel van ’n doeltreffende reaksie moet wees, eerder as om bloot uitvoerkanale te beperk.
    1 min
  • PDM vra meer begrafnisgeld vir padsterftes
    PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo vra vir die bespoediging van wysigings aan die Wet op die Motorvoertuigongelukkefonds, met die oog op ’n hersiening van die huidige begrafnistoelae van 7 000 Namibiese dollar. Sy sê stygende begrafniskoste bring mee dat die bedrag nie meer voldoende is nie, wat dit vir families moeiliker maak om die koste te dek wanneer hulle geliefdes in padongelukke verloor.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.