Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • BKS strem kameelperd-verskuiwings
    Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Dis wat NNN in Moskou gaan doen
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit Moskou.
    1 min
  • Meriete, leierskap 'behoort Swapo se verkiesingskriteria te wees'
    Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat Swapo se vereiste van 10 jaar diens in die Sentrale Komitee voordat iemand as 'n verkiesingskandidaat genomineer kan word, en sy sogenaamde sebra-styl-geslagskwotas, verdeeldheid binne die party kan verdiep voor die 2027-verkiesingskongres. Kamwanya sê streng toelatingsvereistes kan bekwame kandidate uitsluit. Hy sê die party behoort meriete, bevoegdheid en leierskapsgehalte voorop te stel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Politici, polisie-generaals was betrokke by misdade: Eugene de Kock
    Die voormalige apartheids-polisie-offisier, Eugene de Kock, het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig senior politieke ampsdraers was bewus van misdade en was daarby betrokke. Hy beweer die destydse minister van Wet en Orde, Louis le Grange, het die bomaanval op ANC-kantore in Londen goedgekeur en Adriaan Vlok, wat dieselfde portefeulje beklee het, het hom gelukgewens ná die bomaanvalle op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en Cosatu. De Kock sê senior polisie-generaals is nooit vervolg nie:
    1 min
  • Nog moontlike Ebola-gevalle in Nigerië
    Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in 'n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die Switserse ambassade in Abuja. Die hoof van die sentrum, Jide Idris, sê pasiënte se samewerking sal die owerhede help om moontlike oordragroetes op te spoor:
    1 min
  • Aussies wil beter kolf in 3de toets teen Proteas
    Krieket: Australië se paaltjiewagter, Alex Carey, sê hulle wil hul kolfwerk verbeter en 'n spanpoging aanwend om lopies aan te teken in die beslissende toets teen die Proteas wat môre in Kaapstad begin. Hulle eerstebeurttelling van 99 in die tweede toets in Gqeberha was hul laagste sedert 2016. Afrigter Andrew McDonald sê die kolwers kon nie die druk lank genoeg weerstaan om aanslag te bied nie. Carey erken hul kolfwerk was nie op standaard nie:
    1 min
  • Staak korttermynkontrakte in mynbou: Amutse
    Mynbou-minister Modestus Amutse vra vir strenger toesig oor die herhaaldelike gebruik van korttermynkontrakte en subkontraktering, om mynwerkers se regte te beskerm. Hy het by ’n onlangse rondetafelgesprek van die Mynwerkersunie van Namibië in Tsumeb gesê die regering, vakbonde en werkgewers moet saamwerk om te verseker dat werkers billike behandeling, vaardighede-oordrag, werksekerheid en ordentlike werksomstandighede geniet.
    1 min
  • Voorlopige bevindinge bekend oor noodlottige girokopterongeluk naby Outjo
    Ondersoekers het voorlopige bevindinge bekend gemaak oor die noodlottige girokopterongeluk waarin die bewaringskundige Jaco Muller in September naby Outjo gesterf het. Muller was op ’n waarnemingsvlug om veldbrande op te spoor toe die girokopter volgens die verslag teen ’n boom gebots het, neergestort en aan die brand geslaan het. Die ondersoek duur voort, en die oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie. Ben Engelbrecht van die Direktoraat vir Lugvaartongeluk- en Voorvalondersoeke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Plaaslike windkrag kan verbruikers teen wisselende energiepryse beskerm
    Namibië se uitbreiding van plaaslike windkrag kan help om die land se blootstelling aan wisselende energiepryse te verminder, terwyl die druk op verbruikerskoste op lang termyn bestuur word. NamPower se besturende direkteur, Kahenge Haulofu, het dit gesê met die ingebruikneming van die N$1,5 miljard Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat met elf turbines 44 megawatt elektrisiteit kan opwek.

    TERUG: Die aanleg sal na verwagting sowat ses persent van Namibië se elektrisiteitsverbruik voorsien. Die projek is deel van pogings om plaaslike energiebronne uit te brei, invoerafhanklikheid te verminder en die land se energiesekerheid te versterk.
    1 min
  • Epupa-gemeenskap waarsku oor impak van voorgestelde Baynes-dam
    ’n Afvaardiging van die Epupa-kiesafdeling het ’n petisie aan die minister van nywerhede, mynbou en energie, Modestus Amutse, oorhandig oor die voorgestelde Baynes-hidrokragdam. Hulle waarsku dat die projek die lewensbestaan, kulturele erfenis en tradisionele leefwyse van die OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe langs die Kunenerivier kan bedreig. Hans-Christian Mahnke, Namibië-konsultant vir die organisasie International Rivers, wat die afvaardiging ondersteun, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.