Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • FNB en TVET-kollege met N$1,5m beboet weens gebrekkige databeskerming
    Die SA Inligtingsreguleerder het FNB met een-miljoen Namibiese dollar beboet, en die Johannesburg-Sentraal TVET-kollege ’n boete van 500-duisend dollar opgelê, weens oortredings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Die bank is beboet weens sekuriteitsleemtes wat kliënte se persoonlike inligting blootgestel het, terwyl die kollege beboet is omdat hulle persoonlike data onregmatig gedeel het en versuim het om die Reguleerder se voorskrifte na te kom. Nomzamo Zondi van die Inligtingsreguleerder doen ’n beroep op openbare en privaat instellings om datasekuriteit te versterk en te verseker hulle voldoen aan die wet:
    1 min
  • NQA wil kwalifikasies en vaardighede se waarde op arbeidsmark versterk
    Die nuwe voorsitter van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid, Colen Tuaundu, sê die raad wil verder gaan as goeie oudituitslae en ’n tasbare verskil in die land se onderwys- en opleidingsektor maak. Hy sê die hersiening van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is een van die raad se onmiddellike prioriteite, om te verseker dat die stelsel relevant bly en aan die land se behoeftes voldoen. Die doel is om die gehalte van kwalifikasies te versterk en te verseker dat die vaardighede wat deur opleiding verwerf word, waarde op die arbeidsmark het.
    1 min
  • DA vra vir ‘n dringende parlementêre ondersoek oor chroniese medisyne tekorte
    Die DA sê tot 50 noodsaaklike medisynes is nie in die openbare gesondheidsorgstelsel beskikbaar nie, insluitend behandelings vir hoë bloeddruk, diabetes en geestesgesondheidstoestande. Die party dring aan op 'n dringende parlementêre ondersoek na die tekorte. Michele Clarke van die DA waarsku pasiënte kan gesondheidsrisiko's ervaar indien hulle nie hul gereelde medikasie kry nie, of sukkel met soortgelyke medisyne:
    1 min
  • President Netumbo in Rusland vir ekonomiese vennootskappe
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Maandag, 26 Oktober, uit Namibië vertrek na Moskou, Rusland, om die Rusland-Afrika-beraad op 28 en 29 Oktober by te woon. Namibië hoop om tydens die besoek vennootskappe op die gebied van belegging, plaaslike mineraalverwerking en tegnologie-oordrag te bevorder. Ons Russiese spesiale korrespondent in Moskou Yury Lindre het die boodskap in Afrikaans aan president Nandi-Ndaitwah en haar afvaardiging gestuur met hulle besoek aan Moskou:
    1 min
  • Mashatile sê SA regering werk om die waterkrisis op te los
    Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die nasionale, provinsiale en plaaslike regering werk saam om die waterkrisis op te los. Tydens 'n toespraak in Bronkhorstspruit, in Tshwane, het Mashatile gesê die prioriteit is om te verseker dat inwoners toegang tot skoon water het. Hy het gesê 'n watertaakspan is op die been gebring om uitdagings aan te spreek, insluitend waterverliese wat deur verouderde munisipale infrastruktuur veroorsaak word. Mashatile het die vertroue uitgespreek voortdurende ingrypings sal help om die krisis op te los, en terselfdertyd watervoorsiening regoor die land sal verbeter:
    1 min
  • NAM-CSIRT maan oor beskerming van persoonlike data na kubervoorvalle
    Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan (NAM-CSIRT) doen ’n beroep op instellings en die publiek om databeskermingsmaatreëls te verskerp en gelekte persoonlike inligting verantwoordelik te hanteer ná kuberveiligheidsvoorvalle. NAM-CSIRT, wat onder die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië (CRAN) val, sê die beskerming van sensitiewe inligting vereis proaktiewe sekuriteitsmaatreëls. CRAN se Mufaro Nesongano:
    1 min
  • Kwagga Smith sluit op driejaarkontrak by Blou Bulle aan
    Die Blou Bulle het die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith op ’n driejaarkontrak vasgelê. Die 33-jarige, ’n dubbele Rugbywêreldbekerkampioen, keer ná agt seisoene in Japan terug na Suid-Afrika en sal weer saamwerk met Johan Ackermann, wat hom voorheen by die Leeus afgerig het. Smith herstel tans van ’n ernstige kniebesering en hoop om vroeg volgende jaar weer op die veld te wees. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, vertel ons meer.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.