Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Intense hittegolf in sentrale en suidelike Namibië
    Die sentrale en suidelike binneland van Namibië ervaar dié week intense hittegolf-toestande, terwyl geïsoleerde buie in die noordoostelike streke moontlike verligting bring. Die onafhanklike weervoorspeller Vilho Ndeunyema het meer:
    1 min
  • Besigheidsvereniging vra vir 24 maande verlenging van belastingamnestie
    Die Namibiese Plaaslike Besigheidsvereniging doen ’n beroep op die finansministerie om NamRA se belastingamnestieprogram met 24 maande te verleng, aangesien die huidige sperdatum op 31 Oktober nader kom. Waarnemende sekretaris-generaal Olavi Lita sê die huidige amnestieprogram het reeds N$2,6 miljard van sowat 28 000 begunstigdes ingesamel. Baie klein en mediumgrootte ondernemings sukkel egter steeds om te herstel ná die pandemie en word verder deur beperkte toegang tot finansiering en die bek-en-klouseer-uitbreking geraak. Hulle kan gevolglik nie hul uitstaande belasting- en kapitaalbelastingskuld delg nie. Lita het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • NLU mik op ekonomiese herstel van veesektor binne 3 maande
    Die Namibiese Landbou-unie het intussen ’n ambisieuse teiken gestel om die land se veesektor binne drie maande op die pad na ekonomiese herstel te plaas ná die bek-en-klouseer-uitbreking. NLU-president Thinus Pretorius sê die bedryf moet nou saamwerk om biosekuriteitsmaatreëls, beheersones en duidelike tydlyne vir die bekamping van die siekte te ontwikkel. Die maatreëls moet ook help om internasionale handelsvennote se vertroue te herstel dat Namibië die verspreiding van die virus kan beheer.
    1 min
  • Bestuurskenner Pius Dunaiski reageer op N$1,2 miljard se onbestede staatsfondse
    Reaksie word ontvang op die terugbetaling van N$1,2 miljard se onbestede begrotingsfondse deur ministeries en staatsinstellings, volgens ’n verslag van die ouditeur-generaal. Dit sluit N$352 miljoen in wat die gesondheidministerie nie bestee het nie, ondanks ernstige tekorte. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering moes dié uiters belangrike aspek ná 36 jaar aan bewind reeds onder die knie gehad het.
    1 min
  • Majodina sê SA regering toets watersuiweringswerke te midde van waterkrisis
    Die Suid Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering doen ’n oudit van watersuiweringswerke om die toestand te bepaal. Daar word veral op Gauteng gefokus weens die groot bevolking en die onbetroubare watervoorsiening in sekere gebiede. Dit volg nadat die aantal gevalle met maagderm-siektes, wat met besmette water in die Bronkhorstspruit-gebied in Tshwane verband hou, tot 833 gestyg het. Majodina sê hoewel Tshwane wel chloor verkry het, bly die afvalwatersuiweringsaanleg in Bronkhorstspruit vir ’n onbepaalde tyd gesluit:
    1 min
  • Namibië en China moet langtermynvoordele uit ooreenkomste verseker
    Die Ekonomiese Vereniging van Namibië doen ’n beroep op China en Namibiese politieke en sakeleiers om ooreenkomste te bevorder wat langtermynvoordele vir albei lande inhou. Die vereniging se voorsitter, Jason Kasuto, het dié beroep vandag tydens die Simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek gedoen. Die forum herdenk ook 70 jaar van diplomatieke betrekkinge tussen China en Afrika-lande.
    1 min
  • Ramaphosa verwerp meningspeilings dat ANC steun in metro’s aan DA sal afstaan
    Die ANC-president Cyril Ramaphosa het meningspeilings en onlangse studies verwerp, wat daarop dui dat die party verder steun in die plaaslikeregeringsverkiesing aan die DA sal afstaan. Volgens Ipsos sal steun vir die ANC na verwagting verder daal tot slegs 31-persent – ’n afname van die 45,6-persent wat in 2021 behaal is. Die DA se interne peilingsdata dui daarop dat hy as die grootste party in ses metro's uit die stryd kan tree. Ramaphosa, het tydens sy veldtog in in Mamelodi, oos van Pretoria, gesê die ANC sal ’n volstrekte meerderheid behaal:
    1 min
  • Inflasie en kleiner rentekoersgaping met SA plaas repokoers onder druk
    Alle oë is op die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee wat môre sy repokoersbesluit gaan aankondig. Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, voorspel 'n verhoging van 25 basispunte, wat die repokoers na 7 persent sal opstoot. Hy sê stygende inflasie en 'n kleiner wordende rentekoersgaping met Suid-Afrika is van die sleutelfaktore wat druk op die sentrale bank plaas.
    1 min
  • Action Society beskuldig regering dat hy veroordeelde seksoortreders beskerm
    Action Society doen 'n beroep op die SA Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling om 'n vaste sperdatum te bepaal vir openbare toegang tot die nasionale register van seksmisdadigers. Ná ses jaar se veldtogte voer die organisasie aan ouers het steeds geen manier om na te gaan of volwassenes wat met hul kinders in aanraking kom nie dalk skuldig is aan seksmisdrywe teen minderjariges nie. Juanita du Preez van Action Society vra gereguleerde toegang, waarborge teen misbruik, en 'n duidelike datum vir implementering:
    1 min
  • Kuba se kragkrisis: Huishoudings tot 20 uur sonder krag per dag
    Kubaanse huishoudings ervaar kragonderbrekings van soms langer as 20 uur per dag namate die land se energiekrisis vererger. Kuba se ambassadeur in Namibië, Sergio Luis Vigoa de la Uz, skryf die krisis toe aan die Trump-administrasie se maandelange blokkasie van brandstofaflewerings. Hy het ook Namibië bedank vir sy voortgesette steun aan Kuba.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.