Namibiërs kan hoër voedselpryse in die komende weke en maande verwag namate steil brandstofprysverhogings toenemende druk plaas op boere wat reeds met stygende produksiekoste sukkel. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die skerp styging in dieselpryse, met 4 dollar 63 per liter, trekkers, waterpompe en vervoerkoste direk sal beïnvloed.