Deur die genade van die Here, met Sy hulp en in Sy krag gaan ek in 2022 hierdie soort mens wees:
Ek gaan diep en opreg glo en vertrou in die Here vir sy verlossing.
Ek gaan op God vertrou vir sy voorsiening.
Ek gaan in 2022 in die vrese van die Here leef, Hom gehoorsaam en eerbiedig.
Ek gaan myself onderwerp aan die Here as die die een wat my hele lewe in sy hand hou.
Ek gaan nie op my eie krag staatmaak nie maar gaan lewe in die krag die Here.
Ek gaan in dankbaarheid en nederigheid aanvaar dat ek verlos is deur sy genade.
Ek gaan elke dag standvastig wees in my geloof.
Ek gaan terugkeer na God en my sonde bely en daarvan afstand doen.
Ek glo dat God gebed verhoor en verheug my daarin.