Sign up to save your podcasts
Or

Kelly Pruitt was ‘n bekende skilder en beeldhouer wat in 2009 oorlede is. Sy laaste jare het hy deurgebring op ‘n plaas naby die Rio Grande rivier in die suidweste van die VSA. ‘n Paar weke voor sy dood begin hy sy eie graf grawe. Hy vorder halfpad, toe hy daarin gaan lê om te sien of hy inpas. Sy kommentaar, “Dis nogal gemaklik.”
Baie mense maak ligtelik opmerkings oor hulle dood. Maar dit neem nie die talle vrae weg wat hulle het oor die dood nie. Nog meer mense worstel met vrae oor die lewe. En die lewe na die dood. Oor God. Oor wat God dink oor hulle.
Job het baie sulke vrae gehad. Dis merkwaardig hoe relevant Job se vrae vandag nog is. Job leef in die dae van Genesis. Baie Bybelkenners reken hy is ‘n tydgenoot van Abraham.
Ons hoor waarmee Job worstel in Job 9:25-35. Ek deel ‘n part gedagtes oor, AS JOB MAAR GEWEET HET VAN JESUS!
By Francois BredenkampKelly Pruitt was ‘n bekende skilder en beeldhouer wat in 2009 oorlede is. Sy laaste jare het hy deurgebring op ‘n plaas naby die Rio Grande rivier in die suidweste van die VSA. ‘n Paar weke voor sy dood begin hy sy eie graf grawe. Hy vorder halfpad, toe hy daarin gaan lê om te sien of hy inpas. Sy kommentaar, “Dis nogal gemaklik.”