At Lunch

At Lunch

By OFMBusinessNews
Download on the App Store

At Lunch episodes

  • Doen begin tuis met MTN Fibre!
    Die somervakansie is om die draai en mense begin ook al na kersgeskenke kyk. As jy daaraan dink om bietjie jou internet konneksie tuis op te gradeer hetsy vir vermaak of werk van die huis af, dan bied MTN Fibre vir jou ‘n aantal opsies. OFM Inhoudsbestuurder Elzette Boucher-Kruger gesels met Bertus van der Vyver van MTN om meer uit te vind…
    14 min
  • Sol Plaatje University Marks a Decade with Vibrant Colour Run
    As Sol Plaatje University in Kimberley marks a monumental 10 years of academic excellence, the institution has decided to celebrate in a uniquely vibrant and lively manner. Scheduled for Saturday, 16 September, the university is hosting a family-friendly day out with a central highlight – a spectacular colour run.

    In the lead up to this landmark event, Jaco de Waal had the privilege of interviewing the university's Chief Operating Officer, David Kanguwe, to get a deeper insight into the festivities and what attendees can expect.

    Mr. Kanguwe shared exciting details about the Colour Run, which is an integral part of the 10 Years of Excellence celebrations. The run promises not only an exhilarating exercise experience but also a blast of colours, making it an unforgettable visual spectacle.
    3 min
  • Meer oor SANParke se opwindende Parkeweek
    SANParke se opwindende Parkeweek vind van 16 tot 24 September plaasvind. 'n Week waar die wonders van Suid-Afrika se natuur binne jou bereik is, GRATIS!

    Ons fokus spesifiek op die parke wat geen toegangsfooi het gedurende hierdie week nie: Richtersveld, Augrabies, Kgalagadi, en Mokala. Maar onthou, hoewel die toegang gratis is, geld dit nie vir akkommodasie nie.

    Pulane Nel-Sekepe het die geleentheid gehad om met Genevieve Maasdorp, die Kommunikasiebestuurder vir SANParke se ‘Arid Parks’, te gesels. Genevieve deel insiggewende inligting en storie agter hierdie jaarlikse inisiatief en wat besoekers kan verwag.
    4 min
  • Alles wat jy moet weet oor Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek
    Laerskool De Aar se BUZZZ-naweek vind hierdie jaar op 13 en 14 Oktober 2023 op die skoolterrein plaas.
    Die BUZZZ- naweek skop reeds op 10 Oktober af wanneer daar ‘n hele geesweek vir die leerlinge beplan word. Daar sal elke dag ‘n aktiwiteit vir die leerlinge wees om aan deel te neem!
    Op Vrydagoggend begin al die pret met ‘n “colour run”, ’n “paint ball” kompetisie en die hoogtepunt- ‘n kaskarresies. ‘n Nuwe item vind ook plaas: bakkie trek. Die skool se bakkie word deur spanne getrek oor ‘n afstand van 50m op die rugbyveld.
    Die BUZZZ terrein open amptelik om 14:00 en daar sal ‘n veld vol EDDIES “Slip en Slides” wees sowel as ‘n uitdagende Santam “paint ball”-baan.
    Gedurende die middag arriveer verskeie motorfiets entoesiaste om die naweek saam met ons te geniet. Die motorfiets rally, ‘n nuutjie op ons program, word in samewerking met die plaaslike Karoo Rebels motorfietsklub aangebied. Die motorfiets entoesiaste sal of in plaaslike gastehuise tuis gaan, of op die XEROS Rally kampterrein op die sportveld.
    Plaaslike kunstenaars, wat ook oud –leerlinge van ons skool is, Anke van der Westhuizen, Leandro de Carvalho, Adoné Otto en Prince Rajabu skop die joligheid om 17:00 af in die Fit It tent wat die hele naweek die hoofsentrum van die fees sal wees.
    GenT, ‘n lekker dansorkes van Kimberley tree om 19:00 op en sal die gees opbou vir die jaarlikse Geneco Repro duiweveiling wat in samewerking met die De Aar Posduifklub plaasvind. Tydens die duiweveiling koop die bieër die “regte”van die duif om op Saterdag 14 Oktober namens die bieër te vlieg. As die bieër se duif eerste inklok, is groot prysgeld te wen. Die prysgeld word persentasie-gewys volgens die veiling se totale inkomste bereken en in die verlede het ‘n duif wat vir R 3000 opgeveil was, sy koper R 50 000 in die sak gebring. Slegs die 30 topduiwe van die klub word opgeveil.
    Die tweede been van die veiling is die sogenaamde “R 100-duiwe”. Hier kry almal die geleentheid om ‘n duif vir slegs R 100 te “koop” en die “eienaar” van die wenduif steek R 5000 in die sak. Die wedvlug vind plaas vanaf Williston na De Aar.
    Daarna gaan ons gaskunstenaars, Ivan Roux (om 21:00) en Irene-Louise van Wyk (om 22:00) die Novels verhoog in die Fit-It-tent laat bewe en almal se voete te laat jeuk.
    Regdeur die naweek is heerlike eetgoed soos, Kerrie en rys, broodjes, Yankees, slap chips, pannekoek en tee/koffie/ cappucino in (De Herberg Lodge) stalletjie te koop. Eie aan die Karoo kan ‘n heerlike skaaptjoppie of sosatie, boerewors en roosterkoeke by die “Kÿto”braaistalletjie te koop wees.
    15 min
  • The Perfect Picture – Episode 6: Zahirah
    Zahirah, the Dubai dynamo! With her marketing, PR, and TV hosting expertise, she conquered Dubai's glamorous fashion and hospitality scenes. In 2012, she ignited the marketing world with the birth of her brainchild, Think Liquorice—an unstoppable marketing and PR agency that's been turning heads ever since. Oh, and did we mention she's the vivacious host of the travel show "Great Getaways," where she brings the world's wonders right to your screen? Hold onto your seats because Zahirah is about to grace the second season of The Perfect Picture!
    6 min
  • Cooldesk en web veiligheid
    RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters en Entrutech werk saam in 'n projek, genaamd Cooldesk. Pulane Nel-Sekepe gesels met Reno Pretorius, Direkteur van Entrutech.
    5 min
  • Focustrate: Bejaardes en algehele gesondheid
    In 'n vervolg gesprek met Hein van den Berg van DB Pharma, konsentreer Pulane-Nel Sekepe op die toenemende belangstelling in Focustrate en sy potensiële voordele, nie net vir die jonger generasie nie, maar spesifiek vir ons bejaarde gemeenskap en diegene wat in die goue jare van hulle lewe is. Is daar 'n manier om ons geestelike skerpte te behou soos ons ouer word? En kan Focustrate dalk die sleutel wees?
    5 min
  • Focustrate: Geestelike moegheid
    In 'n onlangs gehoude onderhoud tussen Pulane-Nel Sekepe en Hein van den Berg van DB Pharma, is daar diep ingegaan op 'n kwaal wat ons almal van tyd tot tyd tref: geestelike moegheid. Terwyl ons almal bewus is van fisieke uitputting, is geestelike moegheid 'n subtiele vyand wat dikwels onder die radar insluip. Hoe kan ons hierdie geestelike moegheid te bowe kom, veral in 'n tyd waarin die eise van die moderne lewe net toeneem? Hier kom 'n interessante produk, Focustrate, in die kollig. Is dit die antwoord op geestelike moegheid? En, belangrik, is dit veilig om te gebruik sonder die risiko van afhanklikheid? Hierdie en ander brandende vrae word in die onderhoud aangespreek.
    3 min
  • Focustrate: Kinders, eksamen en sport
    In 'n boeiende gesprek tussen Pulane-Nel Sekepe en Hein van den Berg van DB Pharma, word daar gefokus op 'n onderwerp wat baie mense kan raak: Focustrate. Hierdie produk, wat beskryf word as 'n moontlike hulpmiddel vir konsentrasie, het die aandag van baie getrek. Die vraag is, wat is presies Focustrate? En is dit die regte keuse vir almal, of net vir sekere groepe soos studente? Verder, in 'n era waar voorskrif medikasie soms beskou word as oormatig voorgeskryf, is daar 'n behoefte aan 'n natuurliker benadering, en kan Focustrate moontlik die antwoord wees? Hierdie en ander vrae sal in die onderhoud beantwoord word. Hier is 'n voorsmaak van wat bespreek sal word.
    4 min
  • The Perfect Picture – Episode 5 - Ivan Roux
    Get ready to groove with Ivan Roux! This South African sensation is the epitome of talent and charisma. From humble beginnings playing gigs at local pubs to rocking sold-out arenas, Ivan's musical journey has been nothing short of epic. You might recognise him from Idols SA and Die Kontrak, where he left a lasting impression. With numerous awards and platinum records under his belt, Ivan's performances are a burst of energy that will leave you in awe. Ivan will be joining the fierce competition on The Perfect Picture season 2! Let's cheer him on and witness greatness in action!
    5 min

About At Lunch

From the publisher's feed

At lunch with Pulane Nel-Sekepe - Mondays to Fridays, 12:00 - 15:00.