Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het ʼn nuwe nasionale terugkoopskema aangekondig om oortollige, pas verbode en onwettige vuurwapens terug te koop. Dit volg na Sondag se slagting op Bondi-strand waarin 15 mense doodgeskiet is. Dis die grootste skema sedert die Port Arthur-massaslagting in 1996 waarin 35 mense dood is. Albanese sê daar is meer as 4 miljoen vuurwapens in die land, wat meer is as tydens die Port Arthur-slagting: