Praat jy van Australianer of Australiër? En wat noem jy iemand wat in Iran bly? Su-an(i) (en al haar inwoners) besef sy weet eintlik min van dié twee lande wat nou so baie in die nuus is…
Su-an en Gerhard gesels oor die feit dat die name van inwoners eintlik tot ‘n baie groot mate onvoorspelbaar is. Drie lande wat eindig op -ië het verskillende inwoners: Australiër, Italianer, Brasiliaan; twee lande wat eindig op -stan het verskillende inwoners: Pakistani en Afghaan.