Hoe nou?!
Download on the App Store

Hoe nou?! episodes

  • Bou 'n Brug en speel Monopoly - HoeNou?! 1 Junie 2020
    Su-an bieg dat sy 'n Brug-verslawing tydens die grendelperiode in 2020 ontwikkel het, en Gerhard hou ook amper ongesond baie van bordspeletjies. Waar kom bordspeletjies (soos Monopoly) en kaartspeletjies (soos brug) vandaan? En wat is die gewildste speletjie? Bieg en speel saam!
    14 min
  • Hiert, jou swernoot!
    “Swernoot” is een van die oudste skelwoorde wat in Afrikaans opgeteken is. Gerhard verduidelik hoe om dié woord se taboewaarde uit te werk, en Su-an besef dat dié woord gelukkig nie meer dieselfde betekenis het as 200 jaar gelede nie, want sy gebruik dit graag... Vind meer uit - klik hier!
    10 min
  • "Feeks" en ander ouderwetse skelname
    Ons vergeet dikwels van mooi ouderwetse skelname soos skurk en boef, niksnuts en lieplapper, maaifoedie en lunsriem. Su-an en Gerhard gesels oor die woord “feeks” se taboewaarde en waar dié woord vandaan kom.
    #skel #vloek #skelnaam #feeks #swernoot #skobbejak
    15 min
  • Nuus oor Nies #Gesondheid #BlessYou
    Talle skreeusnaakse meme doen die rondte oor mense se reaksies as hulle iemand hoor hoes of nies. Su-an en Gerhard gesels oor waarom ʼn mens in Engels gewoonlik “Bless you” sê, maar in Afrikaans “Gesondheid”, asook oor die redes waarom ons nies.
    15 min
  • Epidemie, Pandemie, Pandemonium - Hoe nou?!
    Weet jy wat is die verskil tussen 'n pandemie, epidemie, endemie, sindemie en infodemie?
    Te midde van die COVID-19-krisis wat tans (Maart 2020) wêreldwyd heers, hoor ʼn mens dikwels woorde soos “epidemie”, “pandemie” en “endemie”. Su-an en Gerhard pluis die terme uit mekaar, sodat almal beter kan verstaan wat die verskille nou eintlik is.
    #uitbreking #koronavirus #COVID-19
    16 min
  • Vleisvrye Vrydae
    Die gebruik om te vas speel in baie gelowe en denominasies ʼn sentrale rol in godsdiensbeoefening. Su-an en Gerhard gesels oor hoe een van die gebruike in die Rooms-Katolieke Kerk belangrike kulturele, politieke en ekonomiese gevolge gehad het. #Kos #Kerk #Vas #Vis
    12 min
  • Herfskos #Paasbolletjie #Kerrievis
    Herfstyd in Suid-Afrika bring eiesoortige geregte na ons tafels: gestoofde kwepers en vla; ligte soppe met seisoenale sampioene; konyn- of wildsvoëlpasteie. Dit is ook ʼn tyd wat veral geassosieer word met ingelegde kerrievis, maar wêreldwyd ook met paasbolletjies. Su-an en Gerhard gesels oor waar dié twee geregte vandaan kom.
    #herfs #Paasfees #Ramadaan #Vastyd #kos #ingelegdekerrievis; #paasbolletjie
    11 min
  • Hoekom "Herfs"? #HoekomNie
    Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van seisoenname, spesifiek oor #herfs en #lente, en hoe dit staan teenoor die Engelse woorde #autumn en #spring. #Seisoene
    11 min
  • Haai, Casanova!
    Daar is baie Afrikaanse woorde vir mans wat rokjagters is, soos casanova, don juan, gigolo, pierewaaier en haantjie. Maar wat noem ons die vroulike teenhanger van ʼn rokjagter? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van al hierdie woorde en soek saam-saam na ʼn geslagsneutrale term. #Liefdesmaand #Februarie
    8 min

About Hoe nou?!

From the publisher's feed

Kom breek jou brein saam met Su-an "Prikkelpop" Müller-Marais en Gerhard "die Professor" van Huyssteen, wat gesels oor die herkoms, benaming en betekenis van allerhande alledaagse goed. Hoe nou?! dek alles - van die herkoms van toffies tot die taboewaarde van ouderwetse skelwoorde soos feeks en vabond.