Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kom breek jou brein saam met Su-an "Prikkelpop" Müller-Marais en Gerhard "die Professor" van Huyssteen, wat gesels oor die herkoms, benaming en betekenis van allerhande alledaagse goed. Hoe nou?! dek ... more
FAQs about Hoe nou?!:How many episodes does Hoe nou?! have?The podcast currently has 16 episodes available.
February 17, 2020Die mees gedoemde paartjie ooitDie liefde is nie altyd maanskyn en rose nie, soos die vele verhale van gedoemde paartjies in die literatuur getuig: Romeo en Juliet, Lancelot en Guinevere, Tristan en Isolde, en Mark Anthony en Cleopatra. Su-an en Gerhard praat oor waar die uitdrukking “star-crossed lovers” vandaan kom, en hoe ons vandag maklik die Engels van Shakespeare verkeerd kan verstaan. #Liefdesmaand #Februarie...more10minPlay
February 10, 2020Die bekendste liefdesverhaal ooitWat is die liefdesverhaal wat al die meeste kere opgeteken is (uiteraard in verskillende vorme en tale, met verskillende karaktername, verskillende detail, ens.)? Su-an en Gerhard gesels oor liefdesverhale en wanneer hierdie mees vertelde liefdesverhaal die eerste keer opgeteken is. #Februarie #Sprokies #MaandVanLiefde...more15minPlay
February 03, 2020Om 'n toffie teken te wys #ToffietekenGepraat van toffies, waarom is dit lelik as jy vir iemand “’n toffie wys”? Waar kom die sogenaamde toffie-handgebaar vandaan?Sommige mense dink die sogenaamde toffieteken (ʼn handgebaar) is erg aanstootlik, terwyl ander dit heel neutraal en onskuldig vind. Su-an en Gerhard gesels oor waar die handgebaar vandaan kom en probeer uitpluis waar die uitdrukking sy oorsprong sou kon hê....more7minPlay
January 27, 2020Waar kom toffies vandaan?Waar kom toffies vandaan? Hoe oud is die konsep? En die benaming? Kom drink ‘n koffie en eet ‘n toffee terwyl jy uitvind… Toffie (ook bekend as tameletjie) is 'n lekkerny wat bekend is in elke Suid-Afrikaanse huis. Maar wanneer het mense vir die eerste keer toffies begin maak? Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van toffie en wat die verskil is tussen toffie en tameletjie. #toffie...more7minPlay
January 20, 2020Duim vashou en vingers kruisKan ek vir iemand in Engels sê: “I’m holding (my) thumbs for you”? Het jy geweet “I hold thumbs for you” is direk van Afrikaans oorvertaal? Wat is die ooreenkoms tussen “fingers crossed”, “hold thumbs” en “duim vashou”? En waarom is dit ‘n teken van voorspoed?Su-an en Gerhard gesels oor hoe “holding thumbs” in Engels beland het en waar die oorspronklike uitdrukking vandaan kom.#DuimVashou #HoldThumbs #FingersCrossed...more5minPlay
January 13, 2020Australianer of Australiër?Praat jy van Australianer of Australiër? En wat noem jy iemand wat in Iran bly? Su-an(i) (en al haar inwoners) besef sy weet eintlik min van dié twee lande wat nou so baie in die nuus is… Su-an en Gerhard gesels oor die feit dat die name van inwoners eintlik tot ‘n baie groot mate onvoorspelbaar is. Drie lande wat eindig op -ië het verskillende inwoners: Australiër, Italianer, Brasiliaan; twee lande wat eindig op -stan het verskillende inwoners: Pakistani en Afghaan....more12minPlay
FAQs about Hoe nou?!:How many episodes does Hoe nou?! have?The podcast currently has 16 episodes available.