Kan ek vir iemand in Engels sê: “I’m holding (my) thumbs for you”? Het jy geweet “I hold thumbs for you” is direk van Afrikaans oorvertaal? Wat is die ooreenkoms tussen “fingers crossed”, “hold thumbs” en “duim vashou”? En waarom is dit ‘n teken van voorspoed?
Su-an en Gerhard gesels oor hoe “holding thumbs” in Engels beland het en waar die oorspronklike uitdrukking vandaan kom.#DuimVashou #HoldThumbs #FingersCrossed