Lees: 1 Kor 12:1-13,27-31.
Die Drie-enige God is betrokke by die geestelike gawes.
V4: Verskeidenheid genadegawes maar dieselfde Gees
(Derde Persoon van die Goddelike Drie-eenheid).
V5: Verskeidenheid bedieninge maar dieselfde Here Jesus Christus (Tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid).
V6: Verskeidenheid werkinge maar dieselfde God die Vader (Eerste Persoon van die Goddelike Drie-eenheid).Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
In watter Skrifgedeeltes word 'n lys gegee van gawes wat in verband gebring word met: God die Vader, die Here Jesus Christus, en die Heilige Gees?
Gee 'n kort verduideliking van: die bemoedigende gawes van God die Vader, die bedieningsgawes van die Heilige Gees, en die leierskapsgawes van die Here Jesus Christus.
Watter gawes is veral op jou van toepassing?