
Sign up to save your podcasts
Or


Johannes 2 - die een or raging against the machine en ook oor die mees joy-este geskenk
Lockdown Dag 7: Ek en Milyds se gesprek (op die foon)
Hag 1:6 julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ‘n stukkende beurs te steek.
6Julle het baie saad op die landerye gesaai, maar die oes wat julle ingebring het, was maar klein. Julle het wel kos om te eet, maar dit laat julle nie juis versadig voel nie. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle tevrede te stel nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie genoeg om julle warm te maak nie. Die geld wat julle vir julle daaglikse werk kry, verdwyn ook so vinnig asof daar ’n gat in julle beursie is.”
Versus oes waar jy nie gesaai het nie, in huise bly wat jy nie gebou het nie – Jos 24:13
Hag 1:9 Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
9Julle het ’n groot oes verwag, maar dit het nie veel opgelewer nie. Die bietjie wat julle ingesamel het, het Ek laat verdwyn. Hoekom, dink julle, gebeur dit? vra Ek die Here wat mag het wat met niks en niemand vergelyk kan word nie. Dit is omdat my tempel nog verwoes lê terwyl julle almal besig is om aan julle eie huise te werk.
Hag 2:16 in dié tyd het iemand gekom by ‘n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.
Van die verwagte koringoes is net die helfte ingesamel. Dit het ook nie beter gegaan met die wynoes nie. Minder as die helfte van die verwagte hoeveelheid wyn is gekry.
Hag 2:17 Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael—al die werk van julle hande—nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die HERE.
Maar al was dit ook so dat siektes en hael julle oeste geslaan het, het julle julle nogtans nie aan die Here gesteur nie.
Luk 23:28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;
Luk 23:29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
Luk 23:30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
Hulle sal dan die berge smeek: ‘Steek ons weg! Gee vir ons ’n plek waar ons veilig is teen ons vyande!’ En vir die heuwels: ‘Maak ons toe sodat hulle ons nie kan raaksien nie!’
Psa 109:7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word. – selfs die Godsdienstige goed wat jy doen is verkeerd
7Sy lewe moet vir hom ’n nagmerrie wees.
Wanneer hy voor die hof kom, moet hy geen kans hê nie.
Die regter moet hom dadelik skuldig bevind.
As hy bid, laat dit selfs as ’n misdaad gereken word.
Psa 109:8 Laat sy dae min wees; laat ‘n ander sy amp neem. – min lewe, min energie, retrenchment, afdanking, sekuriteit by jou werk is gesteel
8Laat hom baie jonk doodgaan. Iemand anders moet sy werk kry.
Psa 109:9 Laat sy kinders wese word en sy vrou ‘n weduwee; - fisies, maar ook emosioneel
9Sy kinders moet weeshuis toe gaan.
Daar moet niks wees wat sy weduwee kan erf nie. Sy moet stoksielalleen agterbly.
Psa 109:10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.
10Laat sy kinders loop en bedel. Hulle moet kos in asblikke gaan soek.
Mense moet hulle van die een ashoop na die ander wegjaag.
Psa 109:11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.
11Mense vir wie hy geld skuld, moet alles kom vat wat hy het.
Hy moet elke liewe sent betaal.
Die res van sy goed moet mense wat hy nie eens ken nie, kom steel.
Psa 109:12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.
12Niemand moet daardie slegte mens kan vertrou nie.
Almal moet hom in die steek laat.
Niemand moet hom eens jammer kry nie. Niemand moet hom liefhê nie.
Ook sy weeskinders moet sonder liefde grootword. Isolasie en eensaamheid
Psa 109:13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
13Hy moenie ’n nageslag hê nie. Mense moenie eens van hom weet nie.
Sy kinders en kleinkinders, ja, sy hele familie moet doodgaan. Niemand mag oorbly nie ongesiens
Psa 109:14 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie. .
14Die Here moet sy ouers se sonde straf.
Die Here moet nie een van die slegte dinge wat sy ma gedoen het, vergewe nie.
Psa 109:15 Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;
15Hy moet vir altyd die slegte vrugte pluk van daardie dade.
Die Here moet sorg dat niemand ooit weer aan daardie mense dink nie.
Mal 2:2 I will even send a curse upon you, and I will curse your blessings:
dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in ‘n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
Deu 28:16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.
Deu 28:17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
Deu 28:18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. – inkomste, besigheid
16“Dit sal dan sleg gaan met jou as jy in die stad bly, of as jy op die platteland boer.
17“Jou mandjies sal leeg wees as jy die oes moet inbring omdat daar geen vrugte sal wees om te oes nie. Jou broodblik sal dolleeg wees. Jy sal niks hê om te eet nie.
18“Jy sal ook min kinders hê en jou landerye sal nie oeste op hê nie. Jou skape sal nie lammers hê nie en jou beeste sal nie kalwers hê nie.
Deu 28:53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak. – soos in LF tans
Deu 28:54 Die vertroetelde en baie verwénde man by jou—sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
Deu 28:55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
Deu 28:56 Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie—haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,
Deu 28:57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
53As hulle om jou stede saamtrek sodat jy nie kan ingaan of uitgaan nie, sal die kos later opraak. Dit sal dan so sleg gaan dat julle julle eie seuns en dogters sal moet eet om te oorleef. Dit is die seuns en dogters wat die Here vir julle gegee het. 54Die saggeaardste man onder julle sal dan nie omgee vir sy eie broer of vir sy vrou wat hy baie liefhet, of vir sy kinders wat nog leef nie. 55Hy sal weier om vir hulle ’n stukkie te gee van die vleis wat hy eet; die vleis van sy eie kinders. Hy sal baie honger wees en hy sal niks anders hê om te eet in hierdie tyd nie. 56Die saggeaardste en mees verfynde vrou onder julle, wat voorheen so baie van haarself gedink het dat sy nie eens haar voete wou vuil maak deur in ’n stofstraat te stap nie, sal wreed word teenoor haar eie man en haar eie seun en dogter. 57Sy sal haar nageboorte en haar pasgebore baba wegsteek sodat hulle dit nie saam met haar kan eet nie. Sy sal die baba eet waar niemand haar kan sien nie. Sy sal niks anders hê om te eet in hierdie tyd wanneer julle vyande julle stede aanval en julle van die honger doodgaan nie.”
Psa 69:22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
22Hulle het die lewe net nog moeiliker vir my gemaak.
In plaas van kos en water wou hulle my gif en slegte asyn injaag.
Even the food, necessary to preserve us in their slavery, was frequently mingled with what rendered it unpleasant and disgusting, though not absolutely unwholesome. And vinegar, sour small wines, was given us for our beverage.
Asyn – Jesus kry asyn op die kruis Matt 27:34 ‘n teken van ondergang? Jy gaan doodgaan?
From the publisher's feed