Op hierdie week se Bizskoops:
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal sy outomatiese assesseringstelsel vir die eerste keer uitbrei om geselekteerde voorlopige belastingbetalers in te sluit, terwyl Statistiek Suid-Afrika sy jongste Kwartaallikse Werkstatistieke vrygestel het.
Ons begin 'n nuwe reeks besprekings met politieke en tendensontleder JP Landman oor Suid-Afrika se sukkelende munisipale stelsel.
Professor Waldo Krugell bied 'n oorsig van onlangse finansiële aanwysers wat daarop dui dat verbruikers onder finansiële druk bly.
In internasionale sake-nuus oorweeg Volkswagen glo sy grootste herstrukturering tot nog toe, terwyl Naspers en Prosus op die plaaslike front 'n dividendverhoging van 40% aangekondig het.
Ons gaan ook voort met ons gesprek met Erica Liebenberg van JustMoney, wat praktiese wenke deel oor hoe om 'n inkomste te verdien deur aanlyn te werk.