Bizskoops (Afrikaans)

Bizskoops (Afrikaans)

Download on the App Store

Bizskoops (Afrikaans) episodes

  • Bizskoops - 29 Oktober 2026
    In vandag se Bizskoops: Die Nasionale Tesourie het 'n langtermynplan om Suid-Afrika se brandstofheffings permanent te verwyder, terwyl Fitch Ratings verwag dat staatsskuld effens sal styg. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek lesse wat Suid-Afrika by Frankryk kan leer oor fiskale konsolidasie. In internasionale sake-nuus sal beleggers hierdie week resultate van Amazon, Microsoft en Google ondersoek vir tekens dat massiewe besteding aan kunsmatige intelligensie opbrengste lewer. Pieter Wasserfall van JustMoney gaan voort met sy bespreking oor stygende brandstofpryse, en ons sluit die program af met 'n gesprek oor plaaslike regering, dienslewering en koalisierade.
    12 min
  • Bizskoops - 22 Oktober 2026
    Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) het verlede maand effens gestyg tot vier-komma-vyf persent, terwyl die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verdere verlagings in brandstofheffings aangekondig het om die druk op Suid-Afrikaanse motoriste en besighede te verlig. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek China se ekonomiese groei en waarop hierdie groei gegrond is. In internasionale sake-nuus het SpaceX en die kunsmatige intelligensie-maatskappy Anthropic groot finansiële toekennings aangekondig, te midde van toenemende ondersoek na die impak van kunsmatige intelligensie op die samelewing, werksgeleenthede en die mensdom. Ons sluit die program af met 'n bespreking oor die uitwerking wat die gespanne verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika op die ekonomie het. Ons gesels met die politieke en ekonomiese ontleder, JP Landman.
    10 min
  • Bizskoops - 15 Oktober 2026
    Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsig vir 2026 verlaag, terwyl Tongaat Hulett van die Johannesburgse Aandelebeurs verwyder gaan word. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek belangrike ekonomiese verwikkelings en aanwysers van die afgelope paar weke, en ons begin ook 'n nuwe reeks saam met Pieter Wasserfall van JustMoney, wat die impak van stygende brandstofpryse op besighede en huishoudings ontleed. Wat internasionale sake-nuus betref, kyk ons hoe hernude kommer oor mededinging in die kunsmatige-intelligensiesektor groot skyfievervaardigers beïnvloed. Ons sluit af met die politieke en ekonomiese ontleder JP Landman, wat Swart Ekonomiese Bemagtiging en belegging in Suid-Afrika bespreek.
    11 min
  • Bizskoops - 8 Oktober 2026
    Vandag op Bizskoops: Die Verenigde State het onderneem om sy vennootskap met Suid-Afrika op die gebied van mynbou te versterk, terwyl die Londen-gebaseerde geldoordragmaatskappy Wise voorbereidings tref om sy dienste in Suid-Afrika uit te brei.

    Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die rand, die mediumtermynbegroting en nog 'n brandstofprysverhoging.

    Wat internasionale sake-nuus betref, het OpenAI erken dat sy reaksie op 'n kuberoortreding in Australië in Junie nie goed genoeg was nie en plaaslik het Santam se markwaarde met bykans 11 miljard rand gestyg.

    Ons sluit die program af met 'n bespreking oor volhoubaarheid. Ons gesels met Sashen Singh van Nedbank, wat onlangs die ESG- en volhoubaarheidskonferensie bygewoon het.
    10 min
  • Bizskoops - 1 Oktober 2026
    Op hierdie week se Bizskoops: Suid-Afrikaners kan vanaf aanstaande Woensdag rekordbrandstofpryse in die gesig staar, terwyl drie groot Suid-Afrikaanse kleinhandelaars hul leierskap verander.
    Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek fiskale konsolidasie.
    Wat internasionale sake-nuus betref, het OpenAI besluit om nie sy nuutste GPT-6.1 Astra-KI-model vry te stel nie, terwyl die handelsgeskil tussen die VSA en Kanada voortduur.
    Ons sluit ons bespreking oor inflasie af met Pieter Wasserfall van JustMoney, en gesels met die politieke en tendensontleder JP Landman oor satellietinternetdienste in Suid-Afrika en Starlink.
    11 min
  • Bizskoops - 24 September 2026
    Op hierdie week se Bizskoops: Ons bespreek die jongste inflasiesyfers, en die Raad op Mediese Skemas het sy riglyne vir verhogings in mediesefondsbydraes vir volgende jaar bekend gemaak.

    Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek Suid-Afrika se buitelandse lenings en of ons daaroor besorg moet wees.

    Wat internasionale sake-nuus betref, het Paramount Skydance 'n regsgeding met 'n koalisie van 12 Amerikaanse state geskik.

    Ons sit ons gesprek oor inflasie voort, waarin Pieter Wasserfall van JustMoney verduidelik wat jy kan doen om jou skuld te bestuur en die impak van inflasie te beperk.

    Die program sluit af met nog 'n onderhoud as deel van Edge Communications se gemeenskapsveldtog, 10 Years. 10 Businesses. 10 Stories. Ons gesels met Gené Pretorius van die maatskappy Maison Gené.
    12 min
  • Bizskoops - 17 September 2026
    Die Suid-Afrikaanse regering en die Nuwe Ontwikkelingsbank het 'n leningsooreenkoms onderteken om infrastruktuur wat metropolitaanse munisipale dienste ondersteun, op te gradeer, terwyl die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sterker verhoudings met belastingbetalers en belastingpraktisyns wil bou.
    Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek die verdere finansiële druk waarmee Suid-Afrikaanse huishoudings te kampe het.
    Wat internasionale sake-nuus betref, het 'n Nigeriese miljardêr Afrika se grootste aandeleverkoop ooit van stapel gestuur, en beleggers raak bekommerd oor waarskuwings rakende kunsmatige intelligensie (KI).
    Ons sit ons gesprek oor inflasie voort, waarin Pieter Wasserfall van JustMoney verduidelik wat jy kan doen om jou voedseluitgawes beter te bestuur en die impak van inflasie te beperk.
    Die program sluit af met nog 'n onderhoud as deel van Edge Communications se gemeenskapsveldtog, 10 Jaar, 10 besighede, 10 Stories. Ons gesels met Marisa Worth van M Worth Attorneys.
    12 min
  • Bizskoops - 10 September 2026
    Eskom beplan om sy inkomste te beskerm, terwyl Suid-Afrika 'n afname in bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal aangeteken het. Ekonoom Professor Waldo Krugell praat oor die belangrikheid van gister se BBP-aankondiging.
    In internasionale sake-nuus duur die handelsoorlog tussen Kanada en die VSA voort.
    Ons gaan voort met ons bespreking oor inflasie, met Pieter Wasserfall van JustMoney wat verduidelik hoe brandstofpryse inflasie en uiteindelik huishoudelike uitgawes beïnvloed.
    Die program sluit af met nog 'n onderhoud as deel van Edge Communications se gemeenskapsveldtog, 10 Jaar. 10 Besighede. 10 Stories. Ons gesels met Ettienne Zwart van AC en EZ Orthopaedics, 'n kleiner, gepersonaliseerde ortotiese en prostetiese praktyk in Gqeberha.
    12 min
  • Bizskoops - 3 September 2026
    Volgens die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het Suid-Afrika sedert 2018 miljarde by nege internasionale finansiële instellings geleen en Suid-Afrika se vervaardigingsektor het in Augustus onder druk gebly.
    Die ekonoom Waldo Krugell bespreek die wisselkoers en brandstofpryse.
    In internasionale sake-nuus het die goewerneur van die Bank van Engeland die G20 gewaarsku oor kunsmatige intelligensie en plaaslik verduidelik Pieter Wasserfall van JustMoney hoe inflasie 'n impak op Suid-Afrikaanse huishoudings kan hê.
    Ons sluit die program af met ʼn gesprek met die geoktrooieerde rekenmeester Ted Maselesele van die African Credit Rating Association, ACRA. Hy ontleed van die kwessies en druk waarmee besighede te kampe het.
    13 min
  • Bizskoops - 27 Augustus 2026
    Die regering werk steeds daaraan om 'n permanente Basiese Inkomsteondersteuningstoelaag te vestig, en ons hoor van volhoubaarheid by Naspers.
    Professor Waldo Krugell bespreek die Amerikaanse staatsskuld en die impak daarvan op die rand.
    In internasionale sake-nuus is Shein gereed om op die Hong Kong-aandelebeurs te noteer, terwyl Grindrod plaaslik sterk groei vir die eerste ses maande van die jaar gerapporteer het.
    Ons ontmoet die eerste maatskappy as deel van Edge Communications se gemeenskapsveldtog: 10 Jaar. 10 Besighede. 10 Stories. Die meesterdistilleerder Pieter van Helden vertel ons meer oor Helden Distillery en sy kenmerkende Afrika-styl whisky.
    13 min

About Bizskoops (Afrikaans)

From the publisher's feed

Bizskoops, aangebied deur Isabel Potgieter, bied 'n blik op plaaslike en globale sake-ontwikkelings. Ons bring vir jou in-diepte onderhoude met bedryfsleiers en entrepreneurs, deel hul strategieë en…