Suid-Afrikaanse verbruikersvertroue het skerp gedaal gedurende die tweede kwartaal, en Suid-Afrikaners kan binnekort groot veranderinge aan die land se OTM-netwerk sien.
Professor Waldo Krugell bespreek die impak van kunsmatige intelligensie op jongmense en indiensneming, en verduidelik waarom die toekoms behoort aan diegene wat weet hoe om KI effektief te gebruik en te bestuur.
In internasionale sake-nuus het Oracle die afgelope jaar sowat 21 000 poste wêreldwyd gesny namate die tegnologiereus sy verskuiwing na kunsmatige intelligensie versnel.
Op die plaaslike front het die Finansiële Sektor Gedragsowerheid die publiek en beleggers gewaarsku oor 'n gesofistikeerde bedrogspul waarin bedrieërs die reguleerder en sy kommissaris, Unathi Kamlana, naboots.
Ons gaan ook voort met ons gesprek met Erica Liebenberg van JustMoney, wat praktiese wenke deel oor hoe jongmense 'n inkomste kan verdien deur aanlyn te werk.