Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
In dié vervolgverhaal stel Elize Cawood jou voor aan Liesl Burger, 'n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met 'n vintage Barbie uit haar lewe botox. Lag saam het haar. Huil so bietjie...... more
FAQs about Botox, Barbies & Bietse:How many episodes does Botox, Barbies & Bietse have?The podcast currently has 22 episodes available.
April 01, 2020Hoe gaan dit met jou? VOORSKOUKom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk....more1minPlay
March 05, 2020Ka-tjieng, Seisoen 2: VOORSKOUVroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel....more1minPlay
February 24, 2020Lam in Wolfsklere: VOORSKOUIn die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans. Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese Advokaat Caro Marx weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie. Nuwe episodes word vanaf 27 Februarie, elke Donderdagoggend vrygestel....more1minPlay
October 17, 2019Ka-tjieng! VOORSKOUMoenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Die eerste episode word op 18 Oktober uitgesaai. Daarna sal daar elke tweede Vrydag 'n nuwe episode wees....more1minPlay
October 14, 2019Tussen Ons 2: VOORSKOUJy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf - ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe....more1minPlay
October 03, 2019Dans met die rooi rok: VO0RSKOUIn dié NUWE spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ... Die eerste episode van Dans met die rooi rok word op 10 Oktober uitgesaai....more2minPlay
October 03, 2019Episode 16: SLOTEmily en Roxy gluur Liesl aan asof sy die vreeslikste sonde begaan het. Dis te veel inligting vir Liesl om te verwerk. Sy wil huil as sy dink hoe Harry moes toekyk hoe sy die hele aand in die arms van ’n Argentynse sjef dans....more10minPlay
September 26, 2019Episode 15: Argentynse troukoekDie vinnige pas van die Argentynse sjef, wat nie nee vir ’n antwoord vat nie, laat Liesl byna uitasem. Maar sy besluit om elke oomblik te geniet....more13minPlay
September 19, 2019Episode 14: TamatiesopHarry is nes alle mans. Hardloop agter die eerste sexy vrou aan. Sy het so gehoop hy is anders. Nee wat, besluit sy opnuut, sy gaan nooit weer ’n man vertrou nie....more21minPlay
September 12, 2019Episode 13: Die soenDie knop in haar keel is byna te groot om weg te sluk. Haar hart pyn van opgekropte emosies. Harry se optrede was onvergeeflik....more30minPlay
FAQs about Botox, Barbies & Bietse:How many episodes does Botox, Barbies & Bietse have?The podcast currently has 22 episodes available.