Botox, Barbies & Bietse

Botox, Barbies & Bietse

Download on the App Store

All Botox, Barbies & Bietse episodes

  • Hoe gaan dit met jou? VOORSKOU
    Kom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk.
    1 min
  • Ka-tjieng, Seisoen 2: VOORSKOU
    Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.
    1 min
  • Lam in Wolfsklere: VOORSKOU
    In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans. Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese Advokaat Caro Marx weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie. Nuwe episodes word vanaf 27 Februarie, elke Donderdagoggend vrygestel.
    1 min
  • Ka-tjieng! VOORSKOU
    Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Die eerste episode word op 18 Oktober uitgesaai. Daarna sal daar elke tweede Vrydag 'n nuwe episode wees.
    1 min
  • Tussen Ons 2: VOORSKOU
    Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf - ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe.
    1 min
  • Dans met die rooi rok: VO0RSKOU
    In dié NUWE spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ... Die eerste episode van Dans met die rooi rok word op 10 Oktober uitgesaai.
    2 min
  • Episode 16: SLOT
    Emily en Roxy gluur Liesl aan asof sy die vreeslikste sonde begaan het. Dis te veel inligting vir Liesl om te verwerk. Sy wil huil as sy dink hoe Harry moes toekyk hoe sy die hele aand in die arms van ’n Argentynse sjef dans.
    10 min
  • Episode 14: Tamatiesop
    Harry is nes alle mans. Hardloop agter die eerste sexy vrou aan. Sy het so gehoop hy is anders. Nee wat, besluit sy opnuut, sy gaan nooit weer ’n man vertrou nie.
    21 min