Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Die eerste episode word op 18 Oktober uitgesaai. Daarna sal daar elke tweede Vrydag 'n nuwe episode wees.