Bonné de Bod vergesel die Krugerwildtuin se hoofveldwagter, Cathy Dreyer, tydens 'n renoster-onthoringing in gebied bekend as ’n brandpunt in die park. Bonné skets ook ’n prentjie van die stropingskrisis met statistieke, en neem ons saam na Viëtnam, waar sy om ’n tafel sit met renosterhoringgebruikers. Sy sien hoe hulle die hornings verwerk in armbande, snuisterye en hoe dit gebruik word in tradisionele medisyne.