Wildlewe-navorser Emsie Verwey loop al nege jaar lank agter die sku bruinhiëna-troppe aan in die woestynlandskap van Namibië. Bonné de Bod ontmoet haar diep in die woestyn om meer uit te vind, en self ’n kykie te kry na hierdie raarste van hiënaspesies.