Die FIA moet gedurig kyk na maniere om Formule 1 innoverend, vernuwend en interresant te hou vir sowel deelnemers as ondersteuners. Vanjaar, as deel van drie eksperimente, is die kwalifiseringsprogram van die Britse Grand Prix op Silverstone aangepas om ‘n eerste “naelwedren” te implimenteer. Fritz Klaaste stel die FIA-program bekend met ‘n verduideliking wat ‘n Grand Prix is.