In episode 7 van “But kaantie: die Ivor Price show”: Die kunswêreld treur oor die moord op die choreograaf en danser Kirvan Fortuin. Die skrywer Bettina Wyngaard, dramaturg Herschelle Benjamin en Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, bring hulde aan hom. Theo Venter praat oor ’n opspraakwekkende hofuitspraak oor die rol van onafhanklike kandidate in die Suid-Afrikaanse politiek. Ek ondersoek die impak van covid-10 op ons skole, en praat hieroor met Paul Colditz van Fedsas, Juandré September, ’n onderwyser van die Hoërskool Ladismith, en die NWU-student Zay-dee Mentoor. Die internetsensasie Zander Fourie praat oor sy babbelas-treffer, en twee broers, Richard en David Kriel, gaan in November albei by vir die Blou Bulle uitdraf. En ek praat met dr. Zamani Saul, die Noord-Kaapse premier, oor die dood van Griet Seekooi, een van die laaste sprekers van die N|uu-taal.