Francois van der Merwe, die afrigter van die Capricorn Eagles, sê sy span is gereed vir die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder vir vroue. Die kwalifiseringswedstryde is geskeduleer vir 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal. Van der Merwe het vanoggend met die media gepraat voor die span se vertrek na Indië vir vier wedstryde teen Assam ter voorbereiding.