Paulus wil in 1 Korintiërs 6 hê dat ons moet verstaan dat ons onder nuwe bestuur is. En wanneer ons met ons liggame en ons koppe besef dat ons onder nuwe bestuur is, dan gebeur daar iets besonders. Ons word geestelik een met Christus. En dan begin ons Hom dieper ken, want ons beweeg al nader aan Hom.
Lees 1 Korintiërs 6:12-20
1. Wat het getref in die teksgedeelte?
2. Wat is jou lewensleuse?
3. Hoe lyk ’n lewe wat onder jou eie bestuur is?
4. Hoe lyk ’n lewe wat ons God se bestuur is?
5. Hoe sal jy jou lewe se bestuur beskryf, onder wie se bestuur leef jy?
6. As jou lewe onder God se bestuur is, bestuur slegs jou kop, gedagtes en denke, of bestuur Hy ook jou hand en jou voete?
7. Wat beteken dit vir jou om te weet dat jou lewe 100% onder God se bestuur is?
8. Lees Romeine 12:1. Hoe beïnvloed Paulus se versoek jou lewe en hoe help dit jou om onder God se bestuur te kom?
9. Jesus het vir Natanael gesê: “Hier is ’n ware, egte gelowige. Hy is eerlik en opreg. Hy het glad niks om weg te steek nie.” Kan Jesus dieselfde oor jou lewe sê? Indien nie, wat moet jy verander om ’n tempel van die Heilige Gees te wees?
10. Wat is nou jou lewensleuse?