Die DA sê hulle pleit vir 'n nuwe, billike en deursigtige prysbeleid wat bekostigbaarheid, verantwoordbaarheid en die verskeidenheid van die energiemark eerste stel. Vanaf 1 April het elektrisiteitstariewe vir die 2026/2027-boekjaar met ongeveer 8,7-persent gestyg vir kliënte wat regstreeks deur Eskom voorsien word, terwyl nog 'n verhoging van 8,83-persent vir hierdie tyd volgende jaar geskeduleer is. Kevin Mileham van die DA sê die tariefverhogings is onbekostigbaar en onregverdigbaar: