Daar is drie stoetveilings die week, selfs van voëls, en voornemende kopers kan uitsien na uitstekende diere op aanbod. Die eerste een is die Tsumeb Boerbokskou en Skouveiling wat vanaf 11 tot 13 Augustus gehou word en dan op 14 Augustus, die veiling wat sal plaasvind by die Tsumeb Gimnasium Sportgronde op die dorp. Dit begin om 10 uur. Andre Horn van die Noordelik Boerbok-klub het meer. Op Donderdag 13 Augustus is dit die Namibia Genetics Bul en Vroulike Diere veiling wat by die Agra Bank Windhoek Ring in die hoofstad plaasvind. Kiep Lepen van Agra gesels met Kosmos 94.1 Landbounuus hieroor. En dan op Vrydag en Saterdag sal die Avicultural Association van Namibië hulle jaarlikse papegaai geslagsbepaling en voëlveiling hou. Vrydag is geslagsbepaling en Saterdag sal die veiling gehou word. Dit vind plaas by die Agra Bank Windhoek Ring in Windhoek. Sergio Lopes van die vereniging het die besonderhede...