Sign up to save your podcasts
Or

Wat sal jy antwoord as God op hierdie oomblik voor jou verskyn en sê, “Dit is ’n splinternuwe jaar; wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Moet God vir jou dalk ’n nuwe werk gee? Van ’n siekte genees? Skielik wonder ek of God nie op al my antwoorde sal sê, “Waarom verwag jy so min van My? Is Ek dan nie die Skepper van die heelal nie?” Moes ek nie dalk eerder vir wêreldvrede vra nie; of so iets?
In ’n droom vra God vir koning Salomo, “Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?” (1 Kon 3:5). Salomo was toe nog nie die buitengewone koning nie. Dan was hy nog boonop bang ook – dit was immers stewige skoene om vol te staan as jou pa Koning Dawid, die geliefde van God, was. In 1 Kon 3:11 sien ons dat Salomo enige iets kon vra - ’n lang lewe; rykdom; oorwinning oor vyande. Tog antwoord hy sonder huiwering: “Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!” (v9). Waarop God ’n belofte maak: Hy sal álles gee, plús nog meer!
Vir ’n koning kan ’n mens dalk nog so ’n buitengewone Godsversoek verwag; maar sekerlik nie vir “gewone mense” nie? Tog lees ons hoe Jesus hierdie presiese vraag herhaal – die keer is dit ’n blinde bedelaar: “Bartimeus, wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Waarop hy antwoord, “Rabboeni, dat ek kan sien” (Mark 10:50-51).
Ek wonder bloot of beide Salomo en Bartimeus se antwoorde nie presies is wat God hoop ons ook sal antwoord nie: laat ons in hierdie nuwe jaar U met gehoorsaamheid dien. En Here, laat ons tog kan sien. Wat meer het ons nodig?
GEBED: Gee my die wil om U te dien; en die gawe om U te mag sien.
KUNS: Genesing van die Blinde man (1871) deur die Deense kunstenaar Carl Heinrich Bloch.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op die eerste dag van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ‘n musiekvideo met liriek van “Bly by my” deur Niël Rademan.
Hierdie lied is 'n samevoeging tussen 'n lied geskryf deur Niël "Bly by my" en die bekende gesang "Bly by my" – met Afrikaanse lirieke. Die Aandlied, of Gesang 297, word hier voorafgegaan met 'n eie komposisie deur die talentvolle Niël Rademan. Hy het die lied geskryf en opgeneem tydens die Covid-19 pandemie grendeltydperk in Suid-Afrika: April 2020.
https://youtu.be/9IJZSOr6Vv0
By Ronell BezuidenhoutWat sal jy antwoord as God op hierdie oomblik voor jou verskyn en sê, “Dit is ’n splinternuwe jaar; wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Moet God vir jou dalk ’n nuwe werk gee? Van ’n siekte genees? Skielik wonder ek of God nie op al my antwoorde sal sê, “Waarom verwag jy so min van My? Is Ek dan nie die Skepper van die heelal nie?” Moes ek nie dalk eerder vir wêreldvrede vra nie; of so iets?