Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 1 van meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is.” (Spr 4:18)

Lank voordat godsdiens in kerke met hoë mure van baksteen en glas beoefen is, die banke vasgespyker in die vloere, gekussingde sitplekke en gangetjies waarin jy afstap om “jou” plekkie te kry, was dit “op pad” beoefen.  Jesus het juis sy volgelinge “gestuurdes” genoem (nie “gemaklikes”) nie.  Dit was nie verniet nie dat Jesus – na sy opstanding – die groepie dissipels (weggekruip agter geslote deure) groet met die woorde, “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh 20:21).  Die boodskap van verlossing moes versprei word “tot in die uithoeke van die wêreld” (Hd 1:8).  Die Evangelie is altyd “in beweging!”

Ons weet dat die Jesusvolgers van die vroegste eeue “mense van die Weg” genoem was omdat hulle in die voetspore geloop het van Hom wat Homself “Die Weg” genoem het (Joh 14:6).  Saam met Hom (ook genoem “Die Waarheid en die Lewe”) het hulle vir drie jaar lank gestap en gekyk hoe Hy dit gedoen het, sodat hulle – na sy dood – dit ook só kon doen.  

Die paadjie is nie klaar geloop nie:  ons loop dit daagliks. ‘n Pad impliseer dat jy met jou rug wegstap van een rigting, gesig in ‘n ander rigting.  Nee, jy kry nie vooraf eers die waarborg dat niks met jou op die pad sal gebeur nie, maar op hierdie pad word jy wel verseker van die eindbestemming!  Volg die regte pad, dan sal – soos die Spreukeskrywer leer – “niks in jou pad wees nie, as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. … Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken jou koers af dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers” (Spr 4:12, 25-27).

GEBED:  U baken die koers af, my Here; en U is my rigtingwyser.

KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”.  Die eerste dag se skildery is “The Calling of Saint Peter and Saint Andrew” (Vocation de Saint Pierre et Saint André). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4458

POTGOOIE:  Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

MUSIEK:  Op Dag 1 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van die lied  “Holy Perfect Storm” deur die Koreaanse-groep Levistance.  Die lied  is ook die agtergrondmusiek vir ons nuwe reeks se potgooie en bemarking. 

Uit die liriek:  (Engels vertaal)

Let every drop
Of tears in prayer
Spring alive into a stream of life
As streams they come and flow as one
To become boundless oceans
Above the waters, You bring the rushing wind
Over the ocean, Your wind is rushing in
Rushing over the horizon
Holy Perfect Storm arise
Mighty breath of God, come stir it up
You make all things anew
Rising up as the wave of revival as one
Prepare the way for the King who is to come
Marching over the horizon
Army of the King arise
Mighty breath of God, come stir it up
You make all things ane

Levistance  is 'n kontemporêre aanbiddingsmusiekgroep van The Cross Church en Korea House of Prayer (KHOP) in Seoel, Suid-Korea.


https://youtu.be/bCPGElKVG6E

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout