Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 10 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Vrees is 'n selfopgelegde gevangeniskap wat jou keer om te word wat God bedoel het dat jy moet wees. Bestry vrees met die wapens van geloof en liefde.” (Rick Warren) 

“Moenie bang wees nie!” Dit is die opdrag wat die meeste in die Bybel voorkom. (Waarskynlik kom dit so gereeld voor, juis omdat ons so gereeld in die slaggat daarvan trap.) Gelukkig is die belofte wat ook die meeste in die Bybel voorkom, “Ek is by jou!”  Presies hoe die engel Gabriël aan 'n jong meisie, Maria van Nasaret, verskyn:  “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Vanselfsprekend was sy uit die veld geslaan oor die woorde, waarop die engel sê,  “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou” (Luk 1:28, 31).  

Begenadigde beteken “die een wat vrylik al God se genade ontvang het”.  Dink jy so aan jouself? Paulus doen! Wanneer hy aan die “heiliges van Éfese” (hulle wat vir God afgesonder is) skryf, begin hy so: “Genade vir julle en vrede van God… (julle) is geseën met álle geestelike seëninge in die hemele in Christus” (Ef 1:3).  Hierdie genade het God “vrylik aan ons geskenk” (v6). God hou niks genade terug nie!  En dan herinner Paulus ons aan die Advent-verwagting:  “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos…” (v14).

Week na week hoor jy in 'n erediens die predikant/pastoor sê, “Genade en vrede vir julle!” Vrylik en vrygewig word dit aan jou geskenk.  Begenadigdes.  God is by julle! 

Soms vergeet ons wie ons is. 
Ons vergeet aan wie ons behoort. 
Ons vergeet wat ons ontvang het. 
Ons vergeet wat aan ons belowe is. 
Ons vergeet dat ons uitgekies is om gestuurdes van God te wees. 
Ons vergeet dat ons nie bang hoef te wees nie!
Ons vergeet dat die Here by ons is.


GEBED: Verander my vergeet in onthou, Here.

KUNS:  “Man on a donkey” deur Huang Shen (1687–1772),  China

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/



#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent



MUSIEK:  Op Dag 10 van #AdventAvontuur kyk ons na die musiekvideo “Prince of Peace” deur die Skotse groep  Celtic Worship.

Uit die liriek:


Birth that brought the morning 
A cry that meant the night would have to end 
Angels’ song announcing 
Blessed son come down to all mankind 
What was prophesied has come to pass
Hope arriving means I’m free at last 
Prince of Peace rule over me
Prince of Peace reign


https://youtu.be/Pr2RG-xR2lA

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout